Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
FOTO'S: ’n Bietjie rumba en toe ’n juigkreet

Nasionale Ontspanningsdag is Vrydag by die Uniegebou in Pretoria gevier.

Die departement van sport en ontspanning, in samewerking met die Gautengse departement van sport, kuns en ontspanning het die geleentheid aangebied.

Sowat 13 000 mense het vir die dag geregistreer en verskeie aktiwiteite soos rumba en boks is aangebied.

Die hoogtepunt was egter die Bokke se reuse oorwinning oor Italië wat regstreeks op groot skerms uitgesaai is. Nodeloos om te sê was almal ná die oorwinning van 49-3 heeltemal ontspanne.

’n Bietjie rumba om die bloedsomloop aan die gang te kry tydens nasionale ontspanningsdag wat Vrydag by die Uniegebou in Pretoria aangebied is. Foto: Felix Dlangamandla
Die Bokke se rugbywêreldbeker-wedstryd teen Italië is regstreeks op groot skerms uitgesaai en die oorwinning is met ’n juigkreet begroet. Foto: Felix Dlangamandla
Nathi Mthetwa, minister van sport en ontspanning, het ook na die Bokke se wedstryd gekyk. Foto: Felix Dlangamandla
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.