Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
FOTO'S: So lyk huis vir R120 m. in Kaapse stadskom

Moontlik die duurste huis in Kaapstad se stadskom is op die mark teen R120 miljoen.

Dié huis in Glensingel, Oranjezicht, is in Augustus 2017 voltooi en bevat allerlei luukshede, volgens die agent Kapstadt International Properties.

Elisabeth Kretschmer sê dit is die “grootste, duurste en mees unieke eiendom in Kaapstad”.

Dié huis in Oranjezicht, Kaapstad, word teen R120 miljoen verkoop en is in 2017 voltooi. Foto: Kapstadt International Properties

Die erf beslaan 5 237 m², waarvan die huis nagenoeg 1 000 m² opneem. Die huis is deur Antonio Zaninovic-argitekte ontwerp.

“Dit is die grootste erf in Oranjezicht en een van slegs vyf wat groter as 4 000 m² is.”

Kapstadt International Properties het die erf met ’n ou huis in 2014 aan die huidige eienaars verkoop, nadat dit glo vir dekades aan ’n familietrust behoort het.

“Ander kopers wou dit onderverdeel vir ontwikkeling en die feit dat dit van die laaste groot eiendomme is wat nog nie onderverdeel is nie, is wat dit so uniek maak.”

Die huis het drie groot slaapkamers op die grondverdieping met hul eie badkamers en een “baie groot hoofslaapkamer” met ’n badkamer, “enorme aantrekkamers” en ’n daktuin met fynbos.

Een van die duurste huise in Kaapstad word in Oranjezicht verkoop vir R120 miljoen. Foto: Kapstadt International Properties

Verder is daar groot woonvertrekke met uitsigte oor die tuin, die stadskern en Tafelbaai, ’n TV-kamer-area, “pajama-sitkamer vir kinders”, ’n groot studeerkamer en vier motorhuise met ’n werkswinkel en groot stoorkamer.

Daar is twee vuurmaakplekke, lugverkoeling, ondervloerse verhitting, vesel-internet, DStv-punt, ’n Sonos-musiekstelsel, kringtelevisie en ’n alarmstelsel.

Die huis sluit ook in ’n gimnasium en “man cave” of bykomende studeerkamer wat aangebou is.

Kopers kan die huis in Glensingel teen R120 miljoen opraap. Foto: Kapstadt International Properties

Vir die gaste is daar ’n kothuis op die erf met sy eie vuurmaakplek.

Buite is daar ’n swembad van 25 m lank met ’n outomatiese bedekking, en ’n borrelbad vir ses mense.

Geen krag van Eskom word glo benodig nie danksy die sonpanele op die dak, en die huis het ook reënwatertenke en ’n boorgat.

Die tuin word as uniek beskryf met bome, “stokou wildeolyfbome, groot en skaarse broodbome, groot rotse en waterwys plante”.

Die huis het ’n groot swembad en tuin met onder meer fynbos en wildeolyfbome. Foto: Kapstadt International Properties
Een van die sitkamers van die huis. Foto: Kapstadt International Properties
Die eetkamer van die huis. Foto: Kapstadt International Properties
Een van die badkamers in die huis. Foto: Kapstadt International Properties
Die huis het ’n swembad van 25 m lank en ’n borrelbad vir ses mense. Foto: Kapstadt International Properties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.