Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Foto’s van ontvoerde joernalis in Sirië versprei
Mediese personeel en inwoners van Sirië betoog die naweek buite Gift of the Givers se Ar Rahma-hospitaal in Darkoesj met plakkate vir Shiraaz Mohamed se vrylating.Foto: Twitter

Foto’s van die ontvoerde fotojoernalis van Johannesburg Shiraaz Mohamed (38) word nou in Sirië versprei nadat hy verlede Dinsdag daar ontvoer is.

Mohamed het as vryskutjoernalis na die land gegaan om inligting oor die Siriërs se omstandighede in te win en sodoende meer internasionale steun te werf.

Volgens dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, het ’n onbekende aantal mans vir Mohamed en twee werkers van Gift of the Givers op pad na die Al Hilal-hospitaal voorgekeer en vuurwapens op hulle gerig.

Siriese kinders van ’n vlugtelingkamp betoog Sondag met plakkate en dring aan op Shiraaz Mohamed se vrylating.

Hulle is geblinddoek en na ’n onbekende bestemming geneem. Die twee werkers het die gewapende mans gesmeek om Mohamed nie te ontvoer nie omdat hy hul gas is.

Die twee werkers is later vrygelaat en meegedeel dit is ’n misverstand wat met Mohamed uitgeklaar sal word. Hulle het gesê Mohamed sal twee dae later vrygelaat word.

Hy is sedertdien egter nog nie weer gesien nie.

Sooliman sê mediese personeel en inwoners het die naweek buite Gift of the Givers se Ar Rahma-hospitaal in Darkoesj vir Mohamed se vrylating betoog.

Sakeondernemings in die omgewing het ook hul winkels vir ’n ruk lank Sondag ter ondersteuning hiervan gesluit en ook om hul ontsteltenis oor sy ontvoering te kenne te gee.

Siriese kinders van ’n vlugtelingkamp betoog Sondag met plakkate en dring aan op Shiraaz Mohamed se vrylating.Foto: Twitter
Mediese personeel en inwoners van Sirië betoog die naweek buite Gift of the Givers se Ar Rahma-hospitaal in Darkoesj vir Shiraaz Mohamed se vrylating.Foto: Twitter

n ’n vlugtelingkamp naby die hospitaal, wat Mohamed gereeld besoek het, het die kinders met plakkate op sy vrylating aangedring.

Op een van die plakkate staan daar: “Ons staan saam met Shiraaz, sy familie en Suid-Afrika.

“Ons is jammer daaroor. Dit is nie die Siriese mense se manier nie. Ons gaan ons broer Shiraaz soek.”

Mohamed van Ennerdale, Johannesburg, is redakteur van die Ennerdale Sun.

Sooliman sê verteenwoordigers van Gift of the Givers het Maandag met Bülent Uygur, Turkse ambassadeur, vergader oor Mohamed se ontvoering.

“Hy het ons die versekering gegee dat die ambassade alle moontlike bystand aan ons sal verleen en ook sal probeer om te help waar hulle kan,” sê Sooliman.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Shiraaz Mohamed  |  Sirië  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.