Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Frankryk vereer Madonsela, Deon Meyer vir hul prestasies
Prof. Thuli Madonsela Foto: Verskaf
Deon Meyer Foto: Verskaf

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk gaan prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, en die misdaadskrywer Deon Meyer aanstaande week vereer.

Aurélien Lechevallier, die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, sal Dinsdag namens die Franse president aan Madonsela die eerbewys van die Chevalier de la Légion d’Honneur (ridder van die legioen van eer) in Stellenbosch oorhandig. Dit word beskou as die hoogste eerbewys in Frankryk en is in 1802 deur Napoleon Bonaparte in die lewe geroep.

Dié eerbewys vier die prestasies van vooraanstaande individue, ongeag geslag, sosiale stand of nasionaliteit. Madonsela, wat deesdae aan die regsfakulteit van die Universiteit van Stellenbosch betrokke is, word vir haar merkwaardige prestasies wat betref die oppergesag van die reg en die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika vereer.

Meyer sal Maandag die toekenning van Chevalier des Arts et des Lettres (ridder in die orde van kunste en letterkunde) ontvang.

Dié eerbewys is in 1957 gestig en word toegeken deur die Franse ministerie van kultuur ter erkenning van belangrike bydraes tot die verryking van die kunste en letterkunde in Frankryk en in die buiteland.

Ander Suid-Afrikaners wat al op dié wyse vereer is, is wyle oudpres. Nelson Mandela, Nadine Gordimer, Ahmed Kathrada, emeritusaartsbiskop Desmond Tutu, André P. Brink en Johnny Clegg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.