Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Fratsongeluk’ lei tot kleuter se dood
Abby van Niekerk Foto: Facebook

’n Kleutermeisie van Pretoria-Noord is Donderdagmiddag in die hospitaal dood nadat sy ernstige kopbeserings in ’n “fratsongeluk” opgedoen het.

Abigail van Niekerk (4) se ma het toestemming gegee dat die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel kan word. Sy was breindood.

Tania Otto, ’n familiewoordvoerder, sê Abigail het die kopbeserings die naweek op ’n verjaardagpartytjie van een van haar ma se vriende opgedoen.

Sy sê die kleuter het op ’n ou toonbank in die tuin geklim. Die toonbank het inmekaar getuimel en die bostuk het op haar kop geval.

“Dit was ’n verskriklike fratsongeluk.”

Otto sê Abigail is dadelik in die Steve Biko Akademiese Hospitaal opgeneem en onder verdowing geplaas. Die dokters het vroeër die week vasgestel dat sy breindood is. Haar ma, Lizelle Ferreira, is al die hele week “in stukke,” sê Otto.

Ferreira het Otto om 15:10 in ’n selfoonboodskap laat weet dat die masjiene afgeskakel is.

“Abigail het haar ma altyd soos ’n klein apie gevolg. Sy was ’n mooi meisietjie wat jou so diep kon aankyk,” sê Otto.

Lizelle, ’n enkelouer, het glo twee ouer seuns.

Haar selfoon was Donderdagmiddag afgeskakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.