Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gamsberg: 2 reeds sowat 40 uur in myn vasgekeer

Twee mynwerkers van die Gamsberg-oopgroefmyn in Aggeneys in die Noord-Kaap is steeds vasgekeer nadat ’n wand van die myn Dinsdagoggend meegegee het.

Ondanks die soek-en-reddingspanne se pogings om die twee mans na veiligheid te bring is hulle al sowat 40 uur onder die puin vasgekeer.

Volgens die bestuur van Vedanta Zinc International (VZI), Gamsberg Mine (Black Mountain Mining (Pty) Ltd en Moolmans (Pty) Ltd het die westelike wand van die suidelike groef Dinsdag om 01:15 weens ’n geotegniese fout meegegee.

Van die tien mynwerkers wat onder die puin vasgekeer was, is agt Dinsdagoggend gered en met helikopters na ’n hospitaal geneem.

Alle mynbedrywighede by die Gamsberg-myn is dadelik gestaak en die departement vir mineralebronne en energie is in kennis gestel.

Inspekteurs van die departement het Dinsdag saam met die bestuur van die myn en verteenwoordigers van die unies inspeksies by die myn gedoen.

VZI sê die soek-en-reddingspanne werk onverpoos om die vasgekeerdes te bereik.

“Hulle werk sonder ophou saam met die Black Mountain Complex Proto-span en die mynreddingsdienste om ons kollegas op te spoor en te bevry. Hulle bly ons eerste prioriteit.”

’n Wand van die Gamsberg-oopgroefmyn se suidelike groef het meegegee. Agt mynwerkers is gered en twee is nog vasgekeer. Foto: Verskaf
Die westelike wand van die suidelike groef van die Gamsberg-oopgroefmyn het ineengestort. Foto: Verskaf
Twee mynwerkers is steeds vasgekeer nadat ’n deel van die Gamsberg-oopgroefmyn ineengestort het. Foto: Verskaf
’n Wand van die suidelike groef van die Gamsberg-oopgroefmyn het Dinsdagoggend weens 'n geotegniese fout ineengestort. Foto: Verskaf
Meer oor:  Noord-Kaap  |  Aggeneys  |  Vasgekeer  |  Mynwerkers  |  Gamsberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.