Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Gatvol’-betogings in Kaapstad opgeskort

Die betogings in die Kaapstad-metro deur die groep, Gatvol Capetonian, is laat Maandagoggend opgeskort.

Fadiel Adams, nasionale woordvoerder van Gatvol Capetonian, het in 'n video op Twitter gesê die groep het sy punt bewys deur die nodige ontwrigting te veroorsaak.

Vyf betogers is in Steenberg en in Jakes Gerwelweg in Bishop Lavis in hegtenis geneem.

Daar was 'n ook 'n voorval waarin motoriste met klippe gegooi is.

gatvol, betogings
Betogers onder die vaandel van die Gatvol Capetonian-beweging in Robert Sobukwe-weg by Yellowwoodstraat in Greenfields. Foto: Jaco Marais
Netwerk24 Jaco Marais

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, sê betogings is in Steenberg, Bishop Lavis, Lwandle, Eersterivier, Kraaifontein, Mitchells Plain, Mamre, Delft, Bellville, en Suid-Atlantis gehou. 

In die video waarin Adams ondersteuners van die Gatvol Capetonian-bewering vra om die betogings te staak, sê hy mense is sonder rede in hegtenis geneem en dat hy nou op pad was om hulle by te staan.

Die groep se griewe sluit in ’n tekort aan geleenthede vir bruin mense, die viktimisering van onderwysers, Hophuise wat gebou word, die afbreek van strukture in Houtbaai wat die metroraad as onwettig beskou, ’n tekort aan politieke wil by die ANC om bendes en dwelms te bestry en bruin mense wat gemarginaliseer word. 

Intussen het Metrorail in die Wes-Kaap sy treindienste tussen Kaapstad en Retreat opgeskort, as ’n veiligheidsmaatreël weens die grootskaalse betogings.

Metrorail het treindienste tussen Kaapstad en Retreat opgeskort. Foto: Verskaf

Raymond Maseko, Metrorail se waarnemende streeksbestuurder, sê die veiligheid van pendelaars en Prasa-werknemers is van uiters belang en daarom is daar besluit om hul bedrywighede op te skort.

“Op grond van die moontlike lewensgevaar en risiko vir noodsaaklike infrastruktuur, het die bestuur besluit om die diens op te skort totdat die situasie weer normaal is,” sê Maseko.

Hy sê die situasie word gemonitor en daar sal aangekondig word sodra die diens weer hervat.

gatvol coc twiet
gatvol, betoging, coc, twiets

Intussen het die Kaapstad-metro ook as voorsorgmaatreël sy vullisverwyderingsdienste Maandag opgeskort.

“Werkers en voertuie het toenemend teikens geword van betogers wat gewelddadig raak en daarom is hierdie drastiese besluit geneem. Inwoners word verseker dat die metro alles in sy vermoë sal doen om te verseker dat die diens teen Dinsdag kan hervat.”

Die metro het Maandag inwoners en ondernemings versoek om hul vullishouers op hul eiendom te hou tot verdere kennisgewing.

“Ongelukkig kan beperkte vullisverwydering in gebiede wat nie direk deur betogings geraak word nie, ook nie moontlik wees nie, omdat werkers weens die betogings sukkel om by die werk te kom.”

Meer oor:  Kaapstad  |  ‘Gatvol’-Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.