Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gauteng van Storms!

Massiewe verkeersknope, ontwortelde bome en oorstroomde huise was Saterdag steeds aan die orde in Pretoria en Johannesburg nadat swaar neerslae sedert Vrydag voorgekom het.

Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê geen sterftes is aangemeld nie.

Brandbestryders moes bome wat deur die storm ontwortel is, afsny en verwyder in Nelson Mandelaweg, asook in Willowstraat in Arcadia en verskeie strate in Sunnyside, sê Mabaso.

Hulle moes ook wrakstukke op die laagwaterbrug by Flowersstraat verwyder nadat dit daar vasgespoel het.

Motors het vasgesit en op die water gedryf in Steve Biko- en in Nico Smith-straat. “Die insittendes van die voertuie het uitgeklim sonder om beserings op te doen.”

Voertuie het ook by die Irene-brug vasgesit

Donker wolke beweeg vroegoggend oor Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Mabaso sê Zeigler- en Endstraat is ook oorspoel.

Daar het ook ’n huis in Marijastraat in Annlin oorspoel. “Toe die brandbestryders daar aankom, was die water kniehoogte in die huis, met ’n deel van die dak wat in duie gestort het.”

Vyf huise in Motsomistraat in Kudube, noord van Pretoria, is ook oorspoel.

Die reën het verwoesting gesaai in dele van Mamelodi waar verskeie paaie oorspoel en tot verkeersopeenhopings gelei het.

By die Centurion-meer was reddingswerkers op ’n gereedheidsgrondslag terwyl die watervlak gestyg het. Die water het weer gesak sonder enige voorvalle.

“Die laagwaterbrûe waarna ek verwys het, is bekend as plekke wat oorstroom en daarom raai ons motoriste aan om dit te vermy wanneer die water tydens die reënbuie bo die pad se vlak is.”

Voorvalle van oorstromings, veral wanneer lewens bedreig word, moet by hul noodnommer aangemeld word, sê hy.

“Nooddienste en rampbestuurspanne is slaggereed en monitor die situasie oor die stad heen.

Meer oor:  Storms  |  Weervoorspelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.