Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gauteng verheug dat slimstad rondom Lanseria kom
slimstad
Grafika

Die Gautengse regering is oortuig dat pres. Cyril Ramaphosa se prioritisering van die sogenaamde slimstad-ontwikkeling die Megaprojek vir Geïntegreerde Residensiële Ontwikkeling by Lanseria sal bespoedig.

Só het Thabo Masebe, woordvoerder van die Gautengse premier, David Makhura, Vrydag in reaksie op die president se aankondiging in sy staatsrede Donderdagaand oor planne vir ’n nuwe slimstad gesê.

Masebe sê die projek is al jare lank in wording en Gauteng het Ramaphosa se ingryping verwelkom.

“In 2015 het . . . Makhura baie belangrike, groot infrastruktuurontwikkelings oor al vyf ontwikkelingskorridors (in Gauteng) aangekondig. Ons het dit juis só genoem om die sleutel-infrastruktuurprojekte wat daar opgerig gaan word, te omlyn,” sê Masebe.

“Dit het ingesluit ’n projek rondom die Lanseria-gebied waar ’n nuwe stad ontwikkel sal word, wat Lanseria-lughawe self sal insluit.”

Die vertragings wat sedertdien ontstaan het, is veroorsaak deur die feit dat Lanseria oor drie munisipale gebiede – Johannesburg, die Wes-Rand en Tshwane – lê.

In 2015 het . . .Makhura baie belangrike, groot infrastruktuurontwikkelings oor al vyf ontwikkelingskorridors (in Gauteng) aangekondig. Ons het dit juis só genoem om die sleutel-infrastruktuurprojekte wat daar opgerig gaan word te omlyn.

Die nuwe ontwikkeling sou dan rondom die grense van daardie drie gebiede lê. Al die stappe wat gedoen moes word om goedkeuring van al die regte entiteite te bekom het tot die vertraging gelei, sê Masebe.

Ramaphosa het in sy staatsrede gesê die nuwe slimstad sal ’n “waarlik post-apartheidstad” wees wat maatskaplike en ekonomiese ruimtelike apartheidsargitektuur sal verander”. Dit sal nie net slim en 5G-gereed wees nie, maar sal ook kontinentaal en internasionaal ’n maatstaf wees vir groen infrastruktuur.

Die proses word gelei deur die beleggings- en infrastruktuurkantoor van die presidensie saam met die provinsiale regerings van Gauteng en Noordwes, wat met Johannesburg, Tshwane en Madibeng sal saamwerk.

Lanseria is in 2018 in ’n dokument, Gauteng Infrastructure Funding Summit Mega Projects van die Gauteng-vennootskapsfonds, geïdentifiseer as ’n belangrike ontwikkelingskorridor.

Dié verslag stippel die provinsie se planne uit om 30 nuwe stede met beleggings van meer as R100 miljard te bou.

Volgens die ontwikkelingsplan vir die projek sal die mega-stedeprojek uiteindelik meer as 800 000 wooneenhede in 30 residensiële ontwikkelings oor die vyf ontwikkelingskorridors in Gauteng behels.

“Nou dat die president dit as ’n presidensiële projek aangekondig het, sal al die kwessies wat die projek tot dusver vertraag het, vanselfsprekend uitgesorteer word en sal die projek hopelik nou geïmplimenteer word,” het Masebe gesê.

Hy sê die regering sal infrastruktuur in Lanseria, Tshwane, en Madibeng uitrol ter voorbereiding van die slimstadprojek.

Hy voeg by dat die projek uitgevoer sal word deur ’n vennootskap tussen die openbare en private sektor.

“Daar sal ’n meesterplan wees. Die regering sal grootmaat-infrastruktuur skep, maar die meeste van die werk gaan in der waarheid deur die private sektor gedoen word,” sê Masebe.


Ons as die provinsiale regering is opgewonde dat die projek nou ’n presidensiële prioriteit is.


Meer oor:  Thabo Masebe  |  Slimstad-Ontwikkeling  |  Lanseria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.