Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gautengse hoofweë weer oop ná betoging

Verkeer vloei weer Maandagoggend op die Oos-Rand se besigste hoofweë nadat die Umkhonto weSizwe-Militêre Veterane-vereniging (MKMVA) die hoofweë lamgelê het weens die behandeling van veterane.

MKMVA-lede het hoofweë in die Ekurhuleni-distrik met vragmotors versper en verkeer tot stilstand gebring omdat hulle glo ongelukkig is oor die implementering van die militêre-veteranewetgewing van 2011.

Carl Niehaus, nasionale MKMVA-woordvoerder, sê lede betoog vanweë ongelukkigheid rondom die regte en behandeling van militêre veterane.

“Ons veterane word afgeskeep. Hierdie wetgewing gaan oor die mediese sorg en behuising vir ons veterane. Ons sal meer inligting later in ’n mediaverklaring bekend maak.”

Thabiso Makgato, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), sê die N3-, die N12-, die R21- sowel as die R24-snelweg is nou weer oop vir verkeer. “Die verkeer vloei weer in beide rigtings op al die geaffekteerde snelweë,” sê Makgato.

Die verkeer was vir minstens ’n uur vertraag.

Volg Netwerk24 vir meer.

Meer oor:  Mkmva  |  Carl Niehaus  |  Gauteng  |  Ekurhuleni  |  Verkeer  |  Vragmotors  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.