Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Witbank-seiljagklub wen gesogte Lipton-beker
Die span van die Witbank-seiljagklub met David Rae en Mike Hayton as mede-skippers, op volle vaart op die seiljag Nitro. Foto: Liesl King/Lipton

Die Witbank-seiljagklub van Mpumalanga het Saterdag ’n groot opskudding veroorsaak toe hy die gunsteling en verdedigende kampioen, Royal Cape, onttroon het in die stryd om die gesogte Lipton-beker in Tafelbaai.

Volgens die webtuiste liptoncup.com het die Witbank-klub reeds Vrydag voorlopig die eerste plek ingeneem en het die ander deelnemers Saterdag alles uitgehaal om hom te onttroon.

David Rae, een van die Witbank-skippers, het volgens die Lipton-beker se Facebook-blad oor hul oorwinning onder meer gesê dit was ’n fantastiese dag vir hulle en hulle het “beslis trane in ons oë gehad”.

Volgens sy mede-skipper, Mike Hayton, was die dag “ ’n toets van karakter”, asook ’n groot dag vir Witbank.

Hayton het op die Facebook-blad gesê dit was ’n spanpoging en ’n vyfjaarplan met ’n doel dat hulle die sege behaal het.

Vanjaar is daar die eerste keer op die nuwe Australiese ontwerpte C31-seiljagte om die gesogte nasionale klubtitel meegeding. Die jaarlikse regatta het Saterdag geëindig. Royal Cape was algeheel tweede en Royal Natal derde.

Die Witbank-seilspan het op die jag Nitro met sy rooi seil deelgeneem.

Die Witbank-seilspan op die hul jag Nitro lei met sy rooi seil in Tafelbaai. Die mede-skippers David Rae en Mike Hayton het met goeie taktiese seilwerk daarin geslaag om die tuisspan en verdedigende kampioen, Royal Cape, op verrassende wyse te verslaan toe daar die eerste keer op die nuwe C31-seiljagte om die gesogte nasionale klubtitel meegeding is. Foto: Eben Human
Meer oor:  Seiljag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.