Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gautrein-staking dalk Maandag verby

Die Gautrein-staking bereik Maandag sy 15de dag, maar die provinsiale departement van vervoer is optimisties dat die einde in sig is.

Ismail Vadi, Gautengse LUR vir vervoer, sê hy is deur die partye ingelig oor die uitgebreide onderhandelings wat die naweek tussen die Bombela-bedryfstelsel en die United National Transport Union (Untu) plaasgevind het.

“Dit blyk dat ’n ooreenkoms bereik is.”

Sonja Carstens, woordvoerder van Untu, sê hulle praat nog met hul lede en sal eers later in die dag aankondig of hulle die aanbod aanvaar of nie.

Vadi sê nadat die stakende werkers geraadpleeg is oor die voorgestelde ooreenkoms en indien ’n mandaat deur die werknemers gegee word, kan die situasie kort daarna na normaal terugkeer.

“Die Gautengse provinsiale regering is bly dat die partye teruggekeer het na die onderhandelingstafel,” sê Vadi.

Kesagee Nayagar, woordvoerder van Gautrein, sê hulle sal eers later kommentaar kan lewer.

Meer oor:  Untu  |  Gautrein  |  Ismail Vadi  |  Samesprekings  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.