Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gautrein weer ten volle in bedryf

Die Gautrein was teen 09:00 weer ten volle in bedryf, nadat pendelaars Vrydagoggend ander vervoer moes gebruik.

'n Kragonderbreking het veroorsaak dat treine op verskeie roetes nie kon ry nie.

Gautrein het later op Twitter gesê die diens is weer ten volle in bedryf.

Gautrein
Pendelaars Vrydagoggend buite die Rhodesfield-stasie. Foto: Vicus Burger
Vicus Burger

Luidens Gautrein se kort verklaring van vroeër is treindienste tussen Midrand en Parkstasie tydelik opgeskort. Daar was ook geen treine vanaf Sandton na die O.R. Tambo-lughawe nie.

"Ons doen 'n beroep op passasiers om ander vervoer te gebruik," het Gautrein vroegoggend gesê.

Volgens 'n kennisgewing wat pendelaars Vrydagoggend by die Rhodesfield-stasie begroet het, was daar 'n 50 minute-vertraging tussen Hatfield en Parkstasie en 'n 80 minute-vertraging tussen Sandton en Rhodesfield. 'n Busdiens is ingestel tussen Rhodesfield en die O.R. Tambo-lughawe. 

Gautrein
Die kennisgewing wat pendelaars Vrydagoggend by die Rhodesfield-stasie. Foto: Vicus Burger

Dié verklaring is uitgereik nadat Twitter-gebruikers reeds Vrydagoggend om 06:00 gesê het die treine ry nie.

Meer oor:  Sandton  |  Or Tambo-Lughawe  |  Johannesburg  |  Gautrein  |  Trein  |  Gauteng  |  Pendelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.