Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gautrein-staking lyk al hoe waarskynliker
'n Staking deur Gautrein-personeel blyk onafwendbaar te wees.

’n Moontlike ontwrigting van Gautrein-dienste lyk al hoe waarskynliker nadat loononderhandelinge Maandag op ’n dooiepunt uitgeloop het.

’n Staking van Gautrein-werknemers, wat duisende passasiers sal raak, dreig weens ’n dispuut tussen die United National Transport Union (Untu) en Bombela, die maatskappy wat die Gautrein-stelsel bestuur.

Untu het Bombela voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gedaag.

Die loongeskil sou Maandag aangehoor word, maar Untu het die middag in ’n verklaring gesê pogings om ’n ooreenkoms te bereik, het op ’n dooiepunt uitgeloop.

Dit het gevolg nadat Bombela aangevoer het Untu is sedert einde Junie nie meer die meerderheidsvakbond in die maatskappy nie.

“Untu voldoen nie aan die minimum vereiste van 50%+1 lede in terme van lidmaatskap soos volgens die onderhandelingsooreenkoms met Bombela nie.

“In ooreenstemming met die ooreenkoms het Bombela op 1 Julie 2016 die vakbond 90 dae gegee om hom kans te gee om sy meerderheidstatus te herwin,” sê Kesagee Nayager, Bombela-woordvoerder.

In dié tydperk, voel Bombela, het Untu nie die reg om met die maatskappy te onderhandel nie.

Selfs as Bombela se bewerings korrek is, het Untu steeds ’n verdere 90 dae om sy ledetal na te gaan.
Neels Haasbroek

Die KVBA het Bombela sewe dae gegee om ’n formele aansoek te bring om “duidelikheid” oor dié punt te kry.

Neels Haasbroek, adjunk-sekretaris van Untu, sê daar is geen stawing vir Bombela se bewering nie en die vakbond is bereid om sy aantal lede in Bombela te laat oudit.

“(Selfs) as Bombela se bewerings korrek is, het Untu steeds ’n verdere 90 dae om sy ledetal na te gaan,” sê hy.

Untu se regspan sal daarop antwoord nadat Bombela sy aansoek oor klarigheid rakende die vakbond se ledetal formeel ingedien het.

Die dooiepunt oor die salarisonderhandelinge hou verband met die verhogings vir die 2016-’17-boekjaar. Untu eis ’n salarisverhoging van 15% terwyl Bombela 3% aanbied. Untu het intussen sy eis van 15% tot 9% verlaag, maar die hoogste wat Bombela aanbied, is 7,6%.

* Nayager sê in die geval van ’n staking is daar gebeurlikheidsplanne om passasiers so min as moontlik te verontrief.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.