Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gautrein verander skedule om by aandklokreël aan te pas

Die Gautrein het sy skedule aangepas nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het ’n aandklokreël sal weer van Maandagaand af geld.

“Die laaste ritte van alle treindienste sal van Woensdag, 15 Julie af om 20:00 van alle Gautreinstasies plaasvind,” het Kesagee Nayager, Gautrein-woordvoerder, Dinsdag gesê.

“Alle Gautreinstasies sal sluit tussen 10 tot 15 minute, nadat die laaste treine vertrek het. Die Gautrein se onderskeie busdienste sal ook dienooreenkomstig gewysig word,” sê Nayager.

Die Gautrein se skedule word Woensdag in ooreenstemming met die aandklokreël aangepas.

Ramaphosa het Sondagaand aangekondig ’n aandklokreël sal van Maandagaand weer geld waar almal tussen 21:00 en 04:00 tuis moet bly behalwe mense wat werk toe gaan of van hul werkplekke na hul huise terugkeer en mense wat dringend mediese bystand benodig.

Hy het die regulasie in werking gestel weens die land se vinnig stygende Covid-19-infeksiekoers. Die nasionale Covid-19-bevelsraad en die kabinet het besluit die land moet op vlak 3 van die inperking bly.

Ramaphosa het ook die verkoop en verspreiding van alkohol onmiddellik opgeskort omdat daar bewyse bestaan dat alkoholmisbruik bykomende druk op hospitale plaas weens motorongelukke, geweld en ander alkoholverwante trauma.

Die dra van gesigsmaskers is nou verpligtend en regulasies in dié verband sal opgeskerp en afgedwing word.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Aandklokreël  |  Gautrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.