Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gebed, gedig vir 2 van Hennenman
Stanley Cierenberg, ’n kunstenaar en volksdigter, het Saterdagoggend by die Milpark-hospitaal ’n gebed vir Eddie Hills gedoen.

Die Vrystaatse digter Stanley Cierenberg het Saterdagoggend namens Marizanè du Plessis, Eddie Hills se verloofde, ’n gebed vir hom in die Milpark-hospitaal gedoen.

Eddie is Donderdagaand in ’n plaasaanval buite Hennenman in sy nek geskiet en sy pa, Pieter, is doodgeskiet.

Cierenberg het ’n tradisie waar hy by die Voortrekkermonument vir vermoorde boere ’n gedig opsê wat hyself geskryf het.

Hy het egter Saterdagoggend ’n gebed namens Du Plessis by die hospitaal gedoen en ook ’n huldeblyk aan Pieter gedoen.

Cierenberg sê hy gaan ’n engel op Eddie se bed neersit om oor hom te waak.

Eddie se nekwerwels is beskadig toe hy in sy nek geskiet is en hy is tans onder swaar verdowing nadat hy geopereer is.

Eddie Hills (26) saam met sy vermoorde pa, Pieter (56), en sy ma, Antoinette.

Cierenberg het vir die vermoorde Pieter ’n gedig as huldeblyk geskryf:

Pieter Hills

Hennenman:

2020/11/06

Alles is nou so ewe skielik anderster.

Die stof op die grondpad rol nou anders

rond wanneer die plaasbakkie oor hom ry.

Die hek na die werf toe se skreeu is ook nou

maar traag, dis nou meer van ’n kreun as

hy oopgestoot word en toegetrek word.

Die hond se naderdraf het ook maar

mismoedig geword, niks is meer dieselfde nie.

So ewe skielik het alles net helfte geword.

Die ou stoep-stoel is leeg in die vroeg-aand kuier.

Die antie se roep om te kom eet het stil geword –

daar is niemand om te roep, maar die bord

op die kop van die tafel is netjies gedek, soos altyd

al staan hy leeg en onaangeraak.

Die skaap-tjoppies en krummelpap het ook niks smaak.

Dan word dit inkruiptyd en die bed is leeg, maar die

een bedlampie se lig is aangesit, net vir in case hy sou kom.

Maar daai in case is nou te heeltemal finaal.

Julle satansadders wat julle smerige kloue aan ’n boer

kom sit het, julle se rugstring skop ek vanaand morsaf.

Ek trap julle knie-koppe af en skop julle enkel tot die

kruppel-loop in julle kom bly.

Dan sal die leeu van die Vrystaat kom en julle slagare

afruk en julle sal bly lê tot die niks . . . tot die niks.

God is daar by julle op die plaas, Hy het so belowe.

Ons as volk is daar by julle op die plaas, ons help waar ons kan.

Ons as volk sal julle help dra.

Ons as volk sal julle optel

Ons as volk sal na julle kyk

Ons het julle in onse arms styf vas.

Ons het julle.

©Stanley Cierenberg 2020


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.