Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gebedsessie in PE vir vroue, kinders gehou

Meer as 300 mense het Vrydag voor die stadsaal in Port Elizabeth ’n gebedsessie bygewoon uit solidariteit met vroue en kinders wat die slagoffers van geslagsgeweld geword het.

Dié samekoms is een van vele oor die land heen sedert die gewelddadige moorde op Uyinene Mrwetyana en Leighandre (Baby Lee) Jegels geslagsgeweld in die soeklig geplaas het.

Vroue het die boodskap wat hulle wou duidelik maak op plakkate soos dié een aangebring. Foto’s: Lulama Zenzile

Verteenwoordigers van verskillende Christelike denominasies het gebede gedoen en toesprake gelewer.

Buyelwa Mafaya, speaker van die Nelson Mandelabaai-metroraad, sê die vroue in die land is al uitgepraat en hulle huil oor die mishandeling wat hulle ondervind, maar dié noodkrete val baie keer op dowe ore.

Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, en die speaker, Buyelwa Mafaya, steek ’n groot kers aan op die verhoog voor die stadsaal.

Sy het ’n beroep gedoen op die mans in die gemeenskap om verantwoordelikheid te aanvaar en om die leiers te wees wat hul vrou en kinders verdien.

“Mans, jul stem moet opklink en julle moet vir ons vroue wys dat julle in staat is om ons te lei en om ons te koester en te beskerm. Wys vir ons dat julle ons noodkrete hoor en begin ons beskerm.”

Mafaya het onder luide applous vir vroue gesê hulle is sterk en daartoe in staat om enigiets te vermag.

Sy het vroue aangemoedig om nader aan mekaar te leef en om mekaar nie te onderdruk nie omdat vroue mekaar nodig het.

’n Oomblik van stilte is gehou, terwyl talle kerse aangesteek is.

* Op Saterdag 14 September om 12:00 word ’n massaoptog in Somerstrand gehou. Die byeenkomspunt is in die parkeerterrein by Hobiestrand.

Meer as 300 mense het die gebedsessie bygewoon.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.