Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geboelie sit aktrise op pad na sukses

Om geboelie te word was vir haar ’n nare ondervinding, maar dit het haar eintlik op die pad van sukses help sit, sê Nicole Bessick, ’n Kaapse aktrise.

Nicole Bessick Foto: Verskaf

Bessick (23), wat onlangs die Moederstad vir die Goudstad verruil het, is op laerskool en hoërskool gedurig geboelie omdat sy as ’n “overachiever” beskou is. Nou maak sy seker dat haar boelies weet dat hul snedige opmerkings nie in haar pad gestaan het om ’n sukses van haar lewe te maak nie.

Bessick het onlangs ’n rol losgeslaan in die plaaslike sepie Broken Vows waar sy saam met groot name soos Shaleen Surtie-Richards, Thembi Mtshali en Emmanuel Castis speel.

“Daar is ’n deel van my wat nog steeds myself moet knyp en moet vra ‘gebeur hierdie nou werklik met my’. Dit is ’n ongelooflike ervaring om die televisie met van die land se bestes te deel.”

Sy beskryf haar tyd op die stel as ’n droom wat waar geword het. “Ek het soveel pret om Chloe te speel. Om ’n karakter te vertolk van wie almal nie noodwendig hou nie, is altyd ’n bietjie van ’n touch and go, maar die buzz was fenomenaal.”

Bessick se paadjie is egter op skool deur boelies gekenmerk – iets wat sy sê ook in die vermaakwêreld kop uitsteek.

“Op skool het ek dit nogal moeilik gehad. Ek is baie gespot oor die feit dat ek ’n overachiever was en oor ander klein dinge. Ek het egter besluit om my energie te gebruik om sukses te behaal en die drama en die geraas uit te skakel.”

Sy sê die feit dat sy deur mense seergemaak is, het nooit haar vertroue in God laat verander nie. “Ek het altyd vir myself gesê: Dit wat God toelaat, kan niemand van jou wegvat nie.”

Meer oor:  Boelie  |  Akteur  |  Toneelspel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.