Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gebou brand in Blackheath naby Kaapstad

Brandbestryders van Kaapstad is Donderdagmiddag kort na 15:00 na ’n gebou in Metalweg, Blackheath ontbied waar ’n brand uitgebreek het.

Die brand in die nywerheidsgebied tussen Kuilsrivier en Eersterivier het blykbaar in ’n plastiekfabriek ontstaan.

Edward Bosch van Kaapstad brand-en-redding, het gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

“Ons het 50 brandbestryders op die toneel. Hulle probeer die vlamme in die gebou blus,” het Bosch gesê.

Daar is ook ’n groot hoeveelheid herwinbare afval op die terrein wat aan die brand geslaan het.

Teen laatmiddag was die brand steeds buite beheer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.