Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Brand breek uit by ekopark in Kaapstad

Verskeie strukture by die Oude Molen-ekopark in Pinelands, Kaapstad, was vroeg Vrydagoggend in ligte laaie.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-nooddienste in Kaapstad, sê hulle is omstreeks 06:30 na die toneel ontbied.

brand oude molen-ekopark
Een van die geboue by die Oude Molen-ekopark wat Vrydagoggend in ligte laaie was. Foto: Verskaf

"Vier brandweervoertuie met 22 brandbestryders was op die toneel. Verskeie voorafvervaardigde strukture en wendyhuise is in die brand vernietig. Al die inwoners is veilig. Niemand is beseer nie."

Volgens Carelse was die brand teen 08:00 onder beheer gebring.

brand
'n Brand het vroeg Vrydagoggend by Oude Molen-ekopark in Pinelands, Kaapstad, uitgebreek. Foto: Jaco Marais

Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersdienste, sê die rook was so dik dat Alexanderweg tussen Raapenbergstraat en Perseverancestraat vir 'n tyd lank vir verkeer gesluit was.

Die ekopark huisves verskeie projekte en klein besighede, onder meer 'n sorgsentrum vir bejaardes, 'n perdryskool en goedkoop verblyf vir toeriste.

brand
Minstens vier geboue het Vrydagoggend gebrand. Foto's: Jaco Marais

Meer oor:  Oude Molen-Ekopark  |  Oude Molen  |  Kaapstad  |  Pinelands  |  Brand  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.