Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gedenkdiens Maandag vir ruiter van Kimberley

’n Gedenkdiens word Maandag vir ’n perderuiter en afrigter van Kimberley gehou nadat sy vroeër van een van haar gunstelingperde afgeval het en later dood is.

Lindy Tait. Foto: Lindy Tait/Facebook

Familie en vriende neem Maandag omstreeks 11:00 in die Life Church in Markstraat, Kestellhof in Kimberley, afskeid van Lindy Tait (44).

Tait, ’n bekende in perdekringe in dié stad, is Dinsdag in die vroeë oggendure in die Mediclinic Gariep dood nadat sy Saterdag van ’n kliënt se perd afgeval het en ernstige breinskade opgedoen het.

Die perde-entoesias en ma, wat perde afgerig en kinders leer perdry het op die Mein Heim-landgoed, -gasteplaas en -ruitersentrum, het Saterdag van een van die perde afgeval nadat die perd geskrik het.

Sy het enkele dae vantevore nog aan Christine Spangenberg van dié perdeplaas gesê sy geniet dit so om op dié perd te ry en dat dit een van haar gunstelingperde is.

Volgens ’n Facebook-inskrywing deur Jaco Fourie gaan dit onder die omstandighede goed met Tiaan Roets, Tait se seun, wat tans sy matriekeindeksamen aflê.

Die inskrywing lui verder dat Tiaan deur sy pa, Antonie Roets, sy grootouers en ander familielede ondersteun word.

Tait is as ’n besonderse mens beskryf wat passievol was oor haar werk, kinders en perde.

Meer oor:  Lindy Tait  |  Jaco Fourie  |  Kimberley  |  Ruiter  |  Gedenkdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.