Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gedenkdiens vir konstabel wat 9 keer geskiet is

’n Gedenkdiens is Vrydag in die landdroshof in Kaapstad gehou vir ’n polisiebeampte wat Sondag na bewering deur ’n vriend doodgeskiet is.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

’n Gedenkdiens is Vrydag by die landdroshof in Kaapstad vir ’n polisieman gehou wat Sondag deur ’n vriend van hom doodgeskiet is.

Van Wyk het gesê lede van die Table View-polisiekantoor het kort ná 04:00 gereageer op ’n skietvoorval by ’n perseel in Porterfieldweg, Table View. Daar gekom, het hulle ’n wit Volkswagen Polo met twee gewonde mans in die voertuig gekry.

Die bestuurder, konst. Vusumuzi Gumede (37), was verskeie kere in die bors geskiet en sy passasier (35) in die boude.

Gumede is glo nege keer geskiet en is op die toneel dood. Hy was van diens af.

Die passasier is na ’n nabygeleë hospitaal vir behandeling geneem.

Van Wyk het gesê die omstandighede en motief is nog onbekend. Hy het bygevoeg dat speurwerk die speurders na ’n huis in Parow gelei het waar ’n man (36) in hegtenis geneem is.

Die man en Gumede is glo bevriend. Die polisie het ook op ’n 9 mm-Tisas-vuurwapen beslag gelê.

Die man wat in hegtenis geneem is, Muziwoxolo Nsimbi, het Dinsdag in die landdroshof in Kaapstad op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.

Sy saak is tot 20 Februarie vir ’n moontlike borgtogaansoek uitgestel.

Meer oor:  Kapt. Frederick Van Wyk  |  Kaapstad  |  Gedenkdiens  |  Konstabel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.