Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gedenkdiens vir Stilbaai-fotograaf
Debbie Smith Foto: Facebook

Die gedenkdiens van ’n fotograaf van die Suid-Kaapse kusdorp Stilbaai wat dood is nadat sy deur ’n brander van die rotse geslaan is vind Saterdag plaas.

Debbie Smith (31) is die afgelope Saterdag omstreeks 16:00 tydens ’n swemuitstappie in Jongensfontein deur ’n brander van die rotse geslaan. Sy is die see ingetrek en het onder die water verdwyn. Volgens die polisie is haar liggaam later met veelvuldige beserings aan wal gebring waar sy deur ’n dokter dood verklaar is.

Na verneem word, was Smith se man, Johannes Naudé, by toe die tragedie gebeur het.

Die egpaar besit onder meer ’n fotografieonderneming in die dorp. Smith is bekend om die talle matriekafskeid- en gesinsfoto’s wat sy geneem het.

Die gedenkdiens vind Saterdag om 10:00 in die NG kerk Stilbaai plaas.

Grant Riddles, burgemeester van die Hessequa-streek wat Stilbaai insluit, het op sy Facebook-blad sy skok oor Smith se afsterwe uitgespreek.

“Dit was vir my ’n groot skok om te hoor van die heengaan van ’n wonderlike mens in ons Stilbaai- gemeenskap,” skryf Riddles op Facebook.

“Die hele Hessequa-gemeenskap rou saam met die familie. Namens die Hessequa-raad gee ons ons innige simpatie. Geen woorde sal die hartseer wegvat nie, ons kan net in haar voetspore volg omdat sy ’n merkwaardige mens was.”

Raymond Daniel Bloem het ook op Facebook geskryf mense moet nooit Smith se kuns vergeet nie.

Meer oor:  Stilbaai  |  Verdrinking  |  Fotograaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.