Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gedenkdiens Vrydag vir De Coning gehou
Jacques De Coning Foto: Argief

Jacques De Coning (52), die sanger en liedjieskrywer wat Sondagoggend in ’n motorongeluk dood is, se gedenkdiens word Vrydag in Port Elizabeth gehou.

De Coning is omstreeks 10:30 dood in ’n ongeluk op die pad tussen Alexandria en Boesmansrivier in die Oos-Kaap. Hy was alleen in die motor toe hy reg van voor teen ’n aankomende motor gebots het.

Dié gewilde sanger was veral bekend om sy vertolking van bekende FAK-liedjies.

Van sy grootste treffers was “Girl van die Klein Karoo” (2001) en “Grootvoël Paradys” (2006). Hy het verskeie eerbewyse ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

De Coning se vrou, Lynn, het Dinsdag op haar Facebook-profiel die besonderhede van die gedenkdiens bekendgemaak.

Sy skryf die diens is Vrydag om 11:00 in die Father’s House-kerk in Patersonweg, Noordeinde, Port Elizabeth.

Talle van haar volgelinge het hul medelye teenoor haar en die familie betuig.

Kanyisa Mikhanyie George skryf: “Mag jy en Joani (hul dogter) vrede vind. Julle is in my gebede. Baie liefde en soentjies.”

Elize Lourens skryf: “Ons gedagtes en gebede is by jou. God sal jou en jou dogter deur hierdie hartseer dra. Gaan ons lekker kuier tydjies so baie mis.”

Die egpaar se seun, Bazil, is vyf jaar gelede in Port Elizabeth in ’n motorongeluk dood.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê ’n klag van strafbare manslag word ondersoek.

Meer oor:  Jacques De Coning  |  Gedenkdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.