Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gee jou kat ’n drukkie op 4 Junie
Foto: Verskaf

4 Junie is nie ’n dag om katvoet te wees nie, want op dié dag word “nasionale gee-jou-kat-’n-drukkie-dag” gevier.

Vir mense wat wonder hoe hul katte op dié dag en die drukkies gaan reageer, is daar nou ’n lys van persoonlikheidstipes vir katte uitgereik.

  • Cat Capone is ’n bendeleier wat oor mense heers.
  • Catanova is gek oor aandag van kat en mens, draai almal om sy poot en het ’n hele paar verskillende kuierplekke.
  • Tommy ‘the cat’ Cruise is ’n avonturier, waaghals en superster wat aan deurhandvatsels kan swaai, oor koffietafels spring of perfek op ’n muur kan balanseer.
  • Little Miss Sunshine is die perfekte kat, gaan lig deur die lewe, spin kliphard en lê dikwels opgekrul op ’n warm skoot.
  •  Die CEO is die baas van die plaas, nie skaam om bevele luidkeels te miaau nie en het ’n goeie oog vir ’n gaping in die mark.
  • Cat Grylls weet hoe om te oorleef en sal dae lank verdwyn. Sy dieet bestaan uit die binnegoed van voëls, paddas of muise wat hy graag met jou deel.
  • Real-life Garfield is ’n stouterd wat graag sy deel van alles – selfs pizza – opeis.
  • Queen of the Catwalk is die toonbeeld van styl en grasie, het ’n hoë dunk van haarself en laat koppe laat draai waar sy gaan.
  • Die Ysprinses besluit waar en wanneer dinge gebeur, hou nie sommer van enige vreemdeling nie en aanvaar bederfies koelkop. Dié katte trek ook gereeld hul neus op. Wanneer jy egter deur die ys breek, vind jy ’n ware diamant.
Kattemaai so
  • Gee jou kat baie drukkies voordat hy of sy probeer wegkom.
  • Besoek ’n plaaslike skuiling vir katte as jy nie ’n kat het nie en bring tyd saam met die katte daar deur.
  • Pas jou kat op. Drukkies beteken jy en jou kat is na aan mekaar. Sorg dus dat jou kat gesond is.
Meer oor:  Katte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.