Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geen ambulans, brandweerwa toe 2 in brand sterf
Die afgebrande hut. Foto verskaf

Twee broers, Joseph en Zacharia Moholoagae, is verlede week in ’n brand in ’n sinkhut in die Ottosdal-omgewing in Noordwes dood terwyl daar glo nie ’n enkele brandweerwa of ambulans beskikbaar was nie.

Die Tswaing-munisipaliteit bedien Ottosdal, Sannieshof en Delareyville.

Volgens Carín Visser, DA-koukusleier in die Noordwes-wetgewer, het die DA die hut ná die tragedie besoek.

“Die twee broers van 18 en 23 het alleen in die hut in iemand anders se erf gewoon omdat hulle nie ander familie gehad het nie.”

Wanneer ’n noodoproep ontvang word, word die naaste ambulans gestuur. Ons het egter ’n uitdaging omdat ons nie genoeg ambulanse het nie, maar daar is planne om ons vloot van ambulanse en die personeelkorps te vergroot.

Volgens Visser het hulle op die toneel vasgestel die een broer was reeds dood toe die bure eindelik daarin kon slaag om die hut oop te breek.

“Geen ambulans kon gevind word om die oorlewende broer na die hospitaal te neem nie. Iemand in die gemeenskap het hom na die hospitaal geneem, maar hy is met sy aankoms daar dood verklaar.”

Dit is nie duidelik of iemand die brandweer ontbied het nie, maar volgens Visser is daar in elk geval nie ’n enkele werkende brandweerwa beskikbaar nie.

“Tswaing se enigste brandweerwa is na Setlagole (naby Delareyville) geneem, maar dit is heeltemal afgeskryf nadat dit in ’n ongeluk was.”

Visser glo nog tragedies wag om te gebeur indien die Tswaing-munisipaliteit nie dringend ’n rampbestuurstrategie in werking stel nie.

“Dis hartseer dat twee onskuldige inwoners die hoogste prys moes betaal omdat die ANC nie dienslewering prioritiseer nie.”

Visser sê voorts dr. Magome Masike, LUR vir gesondheid in Noordwes, moet verduidelik waarom die naaste beskikbare ambulans by die Mahikeng- provinsiale hospitaal is.

“Dis onaanvaarbaar dat mense in Tswaing geen bystand in noodgevalle kan kry nie. Selfs nadat die departement van gesondheid in Junie 2018 altesaam 40 nuwe ambulanse gekry het, sukkel hulle steeds om basiese gesondheidsdienste te lewer. Dis deel van die totale ineenstorting van Noordwes se gesondheidsorgstelsel.”

Dis hartseer dat twee onskuldige inwoners die hoogste prys moes betaal omdat die ANC nie dienslewering prioritiseer nie.

Isaac Moruti, munisipale bestuurder van Tswaing, het Woensdagmiddag gesê hy gaan geen kommentaar oor brandweerdienste lewer nie omdat daar volgens hom nie ’n plek soos Turfloop in die Tswaing- munisipale gebied is nie. Moruti sê ook hy is nie bewus van ’n onlangse voorval waar twee mense in ’n brand dood is nie.

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder vir Noordwes se gesondheidsdepartement, sê die provinsie se ambulanse word op ’n sentrale plek gehou.

“Wanneer ’n noodoproep ontvang word, word die naaste ambulans gestuur. Ons het egter ’n uitdaging omdat ons nie genoeg ambulanse het nie, maar daar is planne om ons vloot van ambulanse en die personeelkorps te vergroot.”

Nicolize van der Walt, DA-woordvoerder in Noordwes, sê die Turfloop-woonbuurt is in die Letsopa-township naby Ottosdal.

“Die mense wat daar woon, het dié woongebied, waar daar nou al sowat 400 informele huise is, self dié naam gegee. Dis skokkend dat die munisipale bestuurder nie daarvan weet nie.”

Meer oor:  Tswaing-Munisipaliteit  |  Carín Visser  |  Delareyville  |  Sannieshof  |  Ottosdal  |  Brandweerwa  |  Ambulans  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.