Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geen breinskade tot dusver by Lise Brink opgemerk
Dr. Danie Brink (47), uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, saam met sy vrou, Lise (42) en hul kinders, Daniël (2), Rachel (8), André (13), Johann (10) en Mieke (15) verlede Kersfees. Foto: Verskaf

Lise Brink (42) het, sover vasgestel kan word, nie ’n breinbesering opgedoen in die motorongeluk waarin twee van haar kinders dood is nie.

’n Rugoperasie is vir Donderdagmiddag geskeduleer nadat sy die Woensdagnag as stabiel genoeg beskou is om ’n volgende operasie te ondergaan.

Dr. Dirk Hermann, Solidariteit se bedryfshoof, sê daar is vordering in Lise se toestand. Dit kan egter gebeur dat Donderdag se operasie uitgestel word as haar toestand versleg.

Haar wangbene is in die ongeluk gekraak en sy het ’n skedelfraktuur opgedoen. Nog ’n operasie deur ’n mond-en-kaakspesialis sal later gedoen word.

Lise, wat in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die Netcare-Unitas-hospitaal in Centurion is, is in ’n geïnduseerde koma.

Sy en haar man, dr. Danie Brink (47), uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, en hul vyf kinders was Vrydagoggend tussen Theunissen en Brandfort in die Vrystaat in die ongeluk. Dit het gebeur toe hul Toyota Land Cruiser se band vermoedelik gebars en die voertuig toe gerol het.

Hy waak feitlik heeltyd by sy vrou se bed, maar gaan ook soms huis toe om tyd by die kinders deur te bring

Lise weet steeds nie dat twee van hul kinders, André (13) en Rachel (8), in die ongeluk dood is nie.

Lise se linkerbeen is intussen net onder die knie afgesit nadat sy akute kompartementsindroom daarin opgedoen het. Dié sindroom veroorsaak erge swelling en belemmer bloedsomloop.

Hermann sê Lise se vordering gaan bepaal wanneer die twee kinders begrawe gaan word. Die begrafnis is in dié stadium onbepaald uitgestel.

Ernst Vorster, Solidariteit Helpende Hand se kommunikasiehoof en ’n familievriend van die Brinks, sê dit gaan goed met die ander drie kinders, Daniël (2), Johann (9) en Mieke (15), se gesondheid. Johann is reeds uit die hospitaal ontslaan, Daniël is ongedeerd en Mieke is lig beseer.

Danie het ’n harde hou teen die kop gekry in die ongeluk, maar hy is ongedeerd. Hy waak feitlik heeltyd by sy vrou se bed, maar gaan ook soms huis toe om tyd by die kinders deur te bring.

“Hy kyk steeds holisties na sy gesin en hou kop bo water. Danie is ’n baie mooi voorbeeld vir ons almal.

“’n Mens kan sien sy lyf is nog seer ná die ongeluk,” sê Vorster.

* ’n Roudiens vir Monica Annandale van Solidariteit Helpende Hand se Thabazimbi-tak, wat Saterdagoggend in ’n motorongeluk dood is, word môreoggend by ’n lodge buite Thabazimbi gehou, sê Vorster. Die lodge

Monica Annandale Foto: Verskaf

behoort aan vriende van die Annandales. ’n Tyd vir die diens was nog nie vanoggend vasgestel nie.

Annandale het Saterdag vermoedelik vir iets in die pad tussen Thabazimbi en Ellisras uitgeswaai en haar motor het toe gerol.

Meer oor:  Lise Brink  |  Centurion  |  Hospitaal  |  Geen  |  Operasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.