Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geen brief ná matriekseun van Worcester se selfdood
Jaco Schonken Foto: Facebook

’n Matriekleerling van Worcester wat homself Vrydag om die lewe gebring het, het geen brief agtergelaat nie.

Jaco Schonken, ’n matriekleerling van die Hoërskool Montana, se dood is Saterdagmiddag op die skool se Facebook-blad bekend gemaak.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê by navraag ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat die lyk van ’n 19-jarige man (Jaco) Vrydag (14 Augustus) gevind is. ’n Lykskouing sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal. Dit is nie bekend gemaak presies waar die lyk gevind is nie.

’n Troosdiens is Maandag by die skool gehou.

Dawie Diedericks, die skoolhoof, sê by navraag bewerings op Facebook dat Jaco moontlik geboelie is, is onwaar. Die rede vir die selfdood is onduidelik.

“Ons is nie bewus van so-iets by die skool nie. Hy was eintlik baie gewild by die skool en het nog verlede week vir ekstra wiskundeklasse gevra.”

Volgens hom het Jaco geen brief agtergelaat nie.

Netwerk24 het Saterdag berig Jaco se pa is vroeër dood en hy het by sy suster gebly. Na verneem word, het Jaco glo probleme in ’n verhouding met ’n meisie gehad.

Jaco was ’n kranige fietsryer en rugbyspeler. Op Facebook het sy skoolmaats geskryf Jaco (Schonkie) was ’n regte go-getter en nie bang – op en af van die rugbyveld – nie. Volgens hulle was hy altyd vriendelik en bereid om te help, en het hy ’n hart van goud en goeie maniere gehad.

Sy familie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Selfdood  |  Worcester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.