Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geen Gautrein die naweek

Die Gautrein het Vrydagaand bekend gemaak dat geen treine Saterdag en Sondag vir pendelaars beskikbaar sal wees nie.

Die treindiens is weens ’n staking genoodsaak om al sy bedrywighede die naweek op te skort.

Numsa-geaffilieerde lede staak weens werkers wat ’n salarisverhoging eis wat die maatskappy sê hy nie kan bekostig nie.

Die maatskappy sê in ’n SMS-boodskap aan pendelaars hy beskik nie tans oor die vermoë om sy bedrywighede oor ’n naweek aan die gang hou indien daar ’n staking is nie.

Pendelaars moet van ander vervoeropsies gebruik maak.

Mense het op Twitter gekla omdat almal blykbaar nie ingelig is dat die treindiens nie die naweek beskikbaar sal wees nie.


Meer oor:  Gautrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.