Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geen krag in Grabouw en omgewing
Foto: Pixabay

’n Grootskaalse kragonderbreking het Sondag in Grabouw in die Wes-Kaap voorgekom toe ’n transformator geblaas het.

Hugo Geldenhuys, ’n woordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit in wie se gebied Grabouw val, sê by navraag hoewel die munisipaliteit nie ’n diensverskaffer van elektrisiteit aan Grabouw is nie, is hy bewus van die situasie.

Eskom voorsien krag aan die gebied. Blykbaar het ’n transformator geblaas. Eskom is oor die saak ingelig en daar word aan die situasie gewerk. Hoe lank die herstelwerk sal neem, kan egter nie gesê word nie. ’n Groot deel van Grabouw word geraak.

Na wat verneem word, het inwoners ’n groot knal gehoor voordat die ligte afgegaan het.

Geldenhuys het inwoners gevra om geduldig te wees en hulle bedank vir hul samewerking.

Daar is nog geen aanduiding van wanneer die kragtoevoer weer herstel gaan wees nie.

* Kragtoevoer is Saterdag ook na gebiede naby Plettenbergbaai in die Suid-Kaap herstel nadat vandalisme tot ’n grootskaalse kragonderbreking gelei het.

Meer oor:  Kragonderbreking  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.