Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geen ontploffing in Denel-aanleg

Die harde slag wat inwoners van Macassar en omstreke Woensdagoggend gehoor het, was nie ’n ontploffing nie.

Dit is luidens ’n verklaring van die Rheinmetall Denel-wapenaanleg in Somerset-Wes nadat inwoners donkernag deur ’n harde slag wakker geruk is.

Dit is by dié aanleg waar ’n ontploffing op 3 September 2018 agt mense se lewens geëis het.

“Die harde slag Woensdag omstreeks 00:20 by die Rheinmetall Denel-aanleg was nie ’n ontploffing nie. Ons kan bevestig dat daar geen ontploffing of verwante voorval by enige van ons produksiegeriewe was nie.

“Die knalgeluid het van die aanleg se verbrandingsterrein gekom,” lui die verklaring.

Volgens die maatskappy word afvalmateriaal op dié terrein vernietig en vind die beheerde verbranding van plofbare afvalstowwe daar plaas.

“Die afvalmateriaal wat Dinsdagaand verbrand is, kan tot ’n harde geluid of ‘knal’ lei wanneer dit verbrand word. Die klank het weens die windstiltoestande verder as gewoonlik getrek.”

Die Denel Rheinmetall-wapenaanleg in Somerset-Wes Foto: Verskaf

Die maatskappy sê sy terrein is ’n beheerde gerief wat gewoonlik op ’n Dinsdag- en Donderdagaand, afhangende van die weerstoestande, in bedryf is.

“Afvalmateriaal kan nie gestort word nie, en moet daarom vernietig word. Al ons persele het sulke geriewe.”

Rheinmetall sê hy het lisensies van die Kaapstad-metroraad en die departement van arbeid vir hierdie bedrywighede en dit word ook gereguleer.

“Weens die verskeidenheid en aard van die produkte wat verbrand word, sal daar van tyd tot tyd vlamme en rookwolke wees. Ons brand hoofsaaklik snags soos voorheen genoem, as die weer dit toelaat. Ons gerief is langs die kus waar sterk winde dikwels woed wat dus ’n brandgevaar kan inhou.”

Die gerief het oral sproeiers en sy eie brandweer is volgens die maatskappy altyd op ’n gereedheidsgrondslag as die gerief gebruik word. Die stad se brandweerdienste word ook ingevolge regulasies daarvan verwittig.

“Die maatskappy besef dat die gemeenskap bekommerd is, maar wil hulle verseker dat daar geen gevaar is nie, en dat dit normale prosedures is.

“Ons besef dat dit ’n buitengewone harde geluid was en vra om verskoning vir enige ongerief of bekommernis wat dit veroorsaak het.”

Meer oor:  Denel  |  Macassar  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.