Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Geen regsekerheid’ oor genadedood
Adv. Robin Stransham-Ford Foto: JACO MARAIS

In ’n hofuitspraak verlede jaar is genadedood gewettig, maar net vir dié wat ad hoc-aansoeke by die hof kan indien.

Dit gee nóg voorstanders nóg teenstanders daarvan regsekerheid, voer Cause for Justice (CFJ) aan.

CFJ is as vriend van die hof toegelaat wanneer die saak in die appèlhof aangehoor word.

Die ministers van justisie, van korrektiewe dienste en van gesondheid, asook die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) appelleer teen regter Hans Fabricius se uitspraak verlede jaar in die hooggeregshof in Pretoria.

Fabricius het beslis dat adv. Robin Stransham-Ford (65), ’n kankerlyer, ’n dokter kon vra om sy lewe met ’n dodelike middel te beëindig.

Stransham-Ford is dood sowat twee uur voordat die hofbevel op 4 Mei gegee is.

Alle partye het reeds betooghoofde ingedien en daar word nou gewag op ’n datum wanneer die saak aangehoor sal word.

Die appèlhof sal moet beslis of die Grondwet voorsiening maak vir die reg om met die hulp van ’n derde party (in dié geval ’n dokter) te sterf. Die aansoek sal waarskynlik nog vanjaar aangehoor word. Dit is ’n baie belangrike saak, aangesien dit Suid-Afrika se eerste genadedoodsaak is sedert die promulgering van die huidige Grondwet.

Alle partye het reeds betooghoofde ingedien en daar word nou gewag op ’n datum wanneer die saak aangehoor sal word.

CFJ, ’n menseregteorganisasie, voer onder meer aan siekte of fisieke gestremdheid verminder nie ’n mens se waardigheid nie.

Die appèlhof gaan onder meer moet besluit of die gemeenregtelike en strafregtelike misdade van moord en strafbare manslag, in soverre dit voorsiening maak vir ’n algehele verbod op selfmoord met die hulp van ’n dokter, inbreuk maak op Stransham-Ford se grondwetlike reg op menswaardigheid en vryheid van liggaamlike en psigiese integriteit.

Die RGBSA voer onder meer aan die doel van dokters is om lewe te bewaar en moderne medisyne s beskikbaar wat pyn en lyding in so ’n mate kan verlig dat dit nie nodig is om ’n mens se lewe te neem nie.

Namens die respondent (wyle Stransham-Ford) word aangevoer mense en diere moet dieselfde beskerming ingevolge die Grondwet hê.

As diere van kant gemaak mag word, moet mense dieselfde reg hê.

Luidens ’n verklaring van CFJ is genadedood in ’n saak in Hongarye ongrondwetlik bevind, hoofsaaklik weens die prominente plek wat die reg op lewe in sy grondwet het. CFJ voer aan die Suid-Afrikaanse Grondwet is in hierdie opsig dieselfde.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet bepaal die staat het ’n plig om die reg op lewe te beskerm.

Meer oor:  Robin Stransham-Ford  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.