SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Algemeen
Geen teken van ontvoerde SA’er in Burkina Faso

Net geloof hou die familie van Christo Bothma (65), wat die naweek in Burkina Faso in Wes-Afrika vermoedelik deur die terreurgroep Isis ontvoer is, staande.

“Soos die Engelse sê: ‘We’re keeping the faith’. Dit is al wat ek wil sê,” het Bothma se ma, Brenda aan Netwerk24 gesê.

Sy wou nie verder kommentaar lewer oor die ontvoering van haar enigste seun nie.

“Ons (die familie) is (deur die regering) belet om enigiets vir die media te sê,” sê sy.

Bothma, wat blykbaar in ’n bestuurspos by ’n myn in Wes-Afrika werk, sou na verwagting oor twee weke huis toe kom, het Cara-Lee Dorfling vroeër berig.

christo bothma

Hy is sowat vier maande gelede na Burkina Faso.

Sondag tussen 08:00 en 10:00 is Bothma, ’n man van Indië en ’n burger van Burkina Faso blykbaar tussen die Inata-goudmyn en die dorp Djibo naby die grens met Mali en Niger ontvoer, berig die nuusagentskap AFP.

Die familie het die nuus Maandag verneem.

Volgens ’n vriend, wat op voorwaarde van anonimiteit praat, het Bothma se familie nie enige regstreekse kommunikasie met die ontvoerders gehad nie.

Die vriend verneem die ontvoerders het die mynbase in Burkina Faso Sondag gekontak en gesê dat hulle die drie as gyselaar aanhou vir ’n losprys.

“Hulle het nie gesê wat die losprys is nie en het sedertdien nie weer kontak gemaak nie,” sê die vriend.

Dit is nie duidelik hoe die ontvoerders met die mynbase kontak gemaak het nie.

Die vriend sê Bothma se familie vermoed Isis het hom ontvoer omdat dié terreurgroep bedrywig is in Wes-Afrika.

“Dit is hul enigste seun. Die familie weet nie hoe om dit te hanteer nie,” sê die vriend.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het Vrydagoggend by navraag gesê die departement werk saam met wetstoepassingsagentskappe, die regering van Burkina Faso en die buurlande in verband met die saak.

“Die departement hou ook die gesin ingelig,” sê Mabaya.

Mabaya wou egter nie uitwei wie die agentskappe is en wat gedoen word om die veilige vrylating van Bothma te verseker nie.

Meer oor:  Burkina Faso  |  Christo Bothma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.