Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geen vuurwerk vanjaar by V&A Waterfront
Die vuurwerkvertoning wat verlede jaar gehou is om die aanbreek van 2020 te vier. Foto: Jaco Marais
Vuurwerk word by die Waterfront afgevuur om die begin van 2015 te vier. Foto: Liza van Deventer
Skares mense sit gereed om na die vuurwerkvertoning by die V&A Waterfront te kyk. Die gebruiklike Oujaarsaand-vertoning is vanjaar afgelas weens die koronaviruspandemie.
“Gelukkige Nuwejaar” vir 2021 sal nie met die gebruiklike vuurwerkvertoning by die V&A Waterfront gevier word nie.

Die gebruiklike Oujaarsaand-vuurwerkvertoning by die V&A Waterfront in Kaapstad gaan nie vanjaar plaasvind nie.

Dit sal die eerste keer in 30 jaar wees dat die vertoning, wat jaarliks deur sowat 200 000 mense bygewoon word, nie gehou word nie.

“Met die huidige koronavirusbeperkings op openbare byeenkomste is dit tot ons groot spyt nie moontlik om weer ’n grootskaalse gebeurtenis te hou nie,” sê David Green, uitvoerende hoof van die V&A Waterfront.

“Donderdag 31 Desember 2020 sal die eerste keer in die V&A Waterfront se 30 jaar lange bestaan wees dat Oujaarsaand nie skares in ons omgewing saamtrek vir die tradisionele aftelling na ’n vuurwerkvertoning om middernag om die nuwe jaar in te lui nie.

“2020 was ’n jaar waarin talle hul lewe verloor het, gesinne geskei en lewensonderhoud vernietig is – alles as gevolg van die koronaviruspandemie.

“Vanjaar staan ons stil om te besin oor die jaar wat verby is met ’n huldeblyk van lig en hoop vir die nuwe jaar,” sê Green.

“Ons sal eerder die simboliek van ’n nuwe jaar en ’n nuwe begin aangryp met ’n sewe dae lange huldeblyk van lig en hoop, wat hoop, verandering, herinnering, lewe, moed, verlies, wins, ubuntu en solidariteit verteenwoordig.”

Hy sê individuele restaurante sal opsies bied vir dié vierings. Dit is nog nie seker of die vertoning volgende jaar weer gehou sal word nie.

“Al ons kleinhandelaars, restaurante, besienswaardighede en aktiwiteite sal steeds die gesondheids- en veiligheidsprotokolle handhaaf deur behoorlike higiëne, ’n veilige afstand tussen mense en die toepaslike kapasiteitsbeperking toe te pas.

“Ons het ook ’n deurry-toetsgerief op die perseel waar mense hulself vir die koronavirus kan laat toets terwyl hulle in hul motors sit.”

Meer oor:  V&A Waterfront  |  Huldeblyk  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.