Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geestelike leier wat seun in rivier soek, verdrink self

’n Geestelike leier wat duisende rand gevra het om na ’n 12-jarige seun wat in Desember in die Olifantsrivier in Limpopo verdrink het te gaan soek het Vrydag self in dié rivier verdrink.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Mopipi Abraham Phiri (30) se oorskot is Sondag in die Olifantsrivier in die Malipsdrift-gebied gekry.

Hy het glo verlede week aan die gemeenskap van die Machakaneng-nedersetting gesê hulle moet hom R13 000 betaal om na die seun te gaan soek. Die gemeenskap het glo ingestem om R10 000 vir hom te gee, maar eers as hy die seun wat verdrink het gevind het.

Phiri het Vrydag in die Olifantsrivier gaan swem op soek na die seun. Hy het in die bruisende water verdwyn.

Die polisie is ontbied en die soek-en-reddingseenheid het Sondag eers Phiri se oorskot gekry, etlike kilometers van waar hy in die rivier begin swem het.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die voorval veroordeel en mense opnuut gemaan om nie in riviere of damme te swem as hulle nie behoorlik kan swem nie.

Mojapelo sê die polisie het op Sondag 29 Desember die oorskot van ’n seun in die Olifantsrivier gekry. Daar word nog gewag vir die DNS-toetse om te bepaal of dit die oorskot van die 12-jarige seun is wat op 22 Desember in die rivier verdwyn het.

Lede van die Limpopo-polisie se soek-en-reddingspan wat in die Olifantsrivier help soek het na die 12-jarige seun wat in Desember vermis geraak het. Foto: SAPD

Meer oor:  Olifantsrivier  |  Limpopo  |  Geestelike Leier  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.