Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geld ingesamel vir platsak Jani van ET-faam
Die platsak Jani Allen in Amerika. Foto: GoFundMe

Jani Allan, kleurvolle joernalis en skrywer, is nou so platsak dat vriende op die web vra mense moet geld skenk om haar uit die verknorsing te help.

Allan skryf self op 23 Julie op haar blog, JaniAllan.com, sy kon op haar dag £1 000 vir ’n artikel van 1 000 woorde verdien. Ná haar gewilde artikels in die Sunday Times, haar draai in Engeland en uiteindelik haar lewe in Amerika, is Allan egter nou sonder geld en sonder ’n inkomste.

Sy skryf dat sy ’n paar weke gelede afgedank is by haar werk in die restaurantbedryf, waar sy die afgelope 13 jaar gewerk het. Die afdanking is volgens Allan bloot omdat sy “te oud is”.

Nou is sy op 48 webtuistes aangemeld waarop werk geadverteer word. Allan vloek wild oor die raad wat op een webblad gegee word oor hoe werkloosheid ’n mens sielkundig onderkry en hoe jy jou selfvertroue kan verloor.

“Regtig. F*********k. ’n Mens sal nie dit sê nie,” is Allan se woorde. Op die webblad, Go Fund Me, word geskryf Allan is in ’n uitdagende posisie. Die geld sal gebruik word in hierdie tydperk van oorgang.

“Die geld is so gou as moontlik nodig. Al haar vriende oor die wêreld heen sal so dankbaar wees om haar weer op die been te sien”.

“Die geld is so gou as moontlik nodig. Al haar vriende oor die wêreld heen sal so dankbaar wees om haar weer op die been te sien”.

Allan was in Suid-Afrika ook veral bekend om haar verhouding met Eugene Terre'Blanche (ET), leier van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en vertellings van 'n vriendin oor wat sy glo deur die sleutelgat gesien het van 'n vertrek waarin Jani en ET saam was. Veral ter sprake was ET se groen onderbroek met gate in.

Volgens die jongste inligting op die webblad is $3 139 (R41 000) van ’n doelwit van $5 000 (R65 000) reeds ingesamel.

Meer oor:  Geldinsameling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.