Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geliefde atleet sterf in padwedloop

Gabriël Colyn (51), ’n ultramarathonatleet van Potchefstroom, is Saterdag in ’n padwedloop aan vermoedelik ’n hartaanval dood.

Gabriël Colyn was ’n geliefde en bekende ultramarathonatleet.

Hy het in Junie sy 24ste Comrades-wedloop voltooi en het “geleef vir hardloop”, sê Theo Coetzee, wat by Colyn was toe hy in die jaarlikse Salga-wedloop in Klerksdorp inmekaar gesak het.

Colyn het die 10 km-roete gehardloop. “Hy was voor die wedloop heel stemmig en vriendelik, en gesê hy gaan dit net rustig vat. Omtrent by die 6 km-merk het hy inmekaar gesak. Van die ander atlete en mediese personeel het hom probeer stabiliseer en bybring.”

Gabriël Colyn het vanjaar sy 24ste Comrades-marathon gedoen.

Hy is na die Life Anncron-hospitaal in Klerksdorp gehaas, maar kon ook nie daar bygebring word nie. Coetzee sê Colyn was ongetroud en kinderloos en het los werkies gedoen, maar het “basies elke dag van sy lewe gehardloop”.

“Gabriël het baie ure alleen op die pad deurgebring. Hy was ’n geliefde, gewilde atleet wat altyd vriendelik gegroet en geglimlag het.”

Sy ouers, Maureen en Gawie, was jare lank skeidsregters in verskeie padwedlope in Noordwes, totdat Gawie in Januarie 2015 dood is. Colyn was ’n lid van die Klerksdorp-marathonklub, en was vroeër ’n lid van atletiekklubs in Potchefstroom.

Hy het al die moordende Kalahari Augrabies Extreme van 250 km voltooi, en het 33 Twee Oseane-ultramarathons op sy kerfstok gehad.

Gabriël Colyn op een van sy langafstandwedlope waar hy sy pa, Gawie, wat in 2015 dood is, vereer het.
Gabriël Colyn van Potchefstroom het geleef vir hardloop, en ook so gesterf.

Dr. Bertus le Roux, voormalige voorsitter van Atletiek Sentraal-Noordwes, wat Colyn sowat 30 jaar geken het, sê Colyn het “sy groot passie stil en nederig” uitgeleef.

Huldeblyke vir Colyn het op Facebook ingestroom. Chris Hattingh, voormalige raadslid van Atletiek Suid-Afrika en DA-LP, skryf Colyn was “ ’n toegewyde atleet wat veral bekend was vir sy aanmoediging en ondersteuning van deelnemers in wedlope”.

“So het ek hom ook beleef in vanjaar se Twee Oseane-wedloop toe ons mekaar op die uitdagende Constantianek teëgekom gekom het. Sy afsterwe laat ’n leemte in die padwedloopgemeenskap.”

Die oud-Springbokatleet Shadrack Hoff skryf Colyn was ’n legende. “Sal nooit vergeet hoe hy vir my gesê het, toe ek die heel eerste keer Wes-Transvaalse kleure gekry het, dat ek nog eendag ’n groot naam gaan word in atletiek. Laat hy in vrede rus. Oom Gabby.”

  • Colyn se begrafnis word vir 6 Augustus in Potchefstroom beplan, maar die finale reëlings moet nog bevestig word.
Meer oor:  Potchefstroom  |  Hartaanval  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.