SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
Geliefde kunstenaar van Ficksburg sterf

’n Kunstenaar wat bekend was om haar skilderye van blomme, is dood in haar huis in die Oos-Vrystaat aangetref.

Liesel Brune (54), wat die afgelope paar jaar op Ficksburg gewoon het, is Woensdagoggend deur haar huiswerker in haar bed aangetref.

Liesel Brune Foto: Facebook

Sy het haarself vermoedelik om die lewe gebring in haar huis in die hoofstraat, wat die afgelope drie jaar ook as haar kunsgalery gedien het.

Brune, wat veral lief was daarvoor om rose, lelies, proteas en landskappe te skilder, het die dag tevore verskeie inskrywings op Facebook gedeel. Een daarvan was oor ’n ma wat soos ’n verskietende ster is wat net een keer deur jou lewe kom.

“Wees lief vir haar, want as haar lig uitgaan, sal jy haar nooit weer sien nie,” lui haar laaste inskrywing Dinsdag op Facebook.

In ’n ander inskrywing het sy ’n musiekvideo van Lady Gaga en Bradley Cooper se “Shallow” gedeel.

Haar vriende het hul hartseer oor haar dood uitgespreek.

Gavin Boy, ’n vriend en buurman van Brune, sê kuns was “haar gelukkige plek”, en om blomme te skilder was haar passie.

“Sy was lief vir blomme en het altyd die mooi in alles raakgesien, ook in dooie blomme.

“Sy het altyd ander teen seerkry beskerm, maar nooit haarself nie.

“Sy was stylvol, het mooi aangetrek en het altyd pragtig gelyk. Sy was wyd belese, het die wêreld vol gereis en het ’n groot kennis van verskeie onderwerpe gehad. Dit was altyd ’n vreugde om met haar te gesels.”

Road to Akkaba, een van Liesel Brune se skilderye wat sy Dinsdag op Facebook gedeel het. Foto: Facebook

George Pietersen, ’n jare lange vriend van Brune, sê die dorp rou oor ’n geliefde inwoner.

Hy het haar as ’n stil mens met ’n sprankelende persoonlikheid beskryf.

“Sy was vir baie soos ’n ma, iemand wat altyd geluister het en die beste raad gegee het. Sy sal gemis word.”

Wirice Greeff sê Brune was ’n vriendin soos min.

Liesel Brune se Triptique of Flowers.Foto: Facebook

“Sy het haar plekkie in my hart geverf, streep vir streep met ’n kwas getrek. Sy was altyd daar om te luister, raad te gee en het soms kwaai geword as ek te laat kom hulp vra.

“Vir my was sy ’n moederfiguur, sy het my gehelp, gemotiveer, altyd omgegee en was ’n beste vriendin. Ek gaan jou mis vriendin en nou is jou canvas vir altyd leeg.”

Denise Venmore en Bernadette McDowall, sê Burne het vir haar kuns en kinders geleef.

“ ’n Blom, ’n skildery, elegant en mooi, ’n vriendin wat ’n groot indruk in ’n kort tyd op ons gelaat het.”

Julie Liebenberg sê Brune was ’n sonstraal wat ’n groot leemte laat.

Brune word oorleef deur drie seuns, Harmen, Pieter en Jurgen agter.

Een van Liesel Brune se kunswerke. Foto: Facebook
Meer oor:  Liesel Brune  |  Ficksburg  |  Kunstenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.