Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geliefde leeu se skepper sterf
Die strokieskunstenaar Wim Bosman. Hy is Donderdag in die ouderdom van 82 jaar oorledeFoto: Marupu Nkhumise

Wim Bosman (82), skepper van die gewilde strokie Louis die Laeveld Leeu, is Donderdag na ’n siekbed van etlike maande oorlede.

Volgens sy dogter Chantal Hoole “het sy liggaam hom na jare lange osteoartritis stadig maar seker in die steek gelaat. In Junie het hy sy eerste groot terugslag gehad en sy onafhanklikheid prysgegee. Dit was geweldig moeilik en frustrerend vir hom om nie meer te kon bestuur nie of om sy dag te kon beplan soos hy die afgelope 60 jaar gedoen het nie”.

Dinsdagoggend het die ouetehuis in Wolmaransstad, waar hy gebly het, laat weet dat hy ernstig siek is en hospitaal toe geneem word. Hy is later in die hospitaal dood.

Met verwysing na al die strokieskarakters wat Bosman oor die jare geskep het, het Hoole in ’n huldeblyk gesê: “Paps kan nou skryf en teken sonder al die pyn en bekommernisse. Mag Louis die Laeveld Leeu, Kekkel en Kloek, al die Bosveld-bure en ou Werfbobbejaan na hartelus saam met Paps baljaar tussen die strome van vrede en liefde aan Jesus se voete.”

Volgens Hoole sal ’n gedenkdiens vir Bosman eers vroeg aanstaande jaar gehou word, aangesien sy familie ver verspreid is. Wanneer sy as ontvang word, sal ’n gedeelte daarvan in die Laeveld gestrooi word, “want dit is waar sy hart was”.

Bosman het die gewilde Louis die Laeveld Leeu, wat tans steeds in Beeld verskyn en waarvan nog enkele maande se strokies oor is, in 1976 vir die eerste keer geteken.

Benewens sy vrou Celest, laat hy drie kinders en ses kleinkinders, asook sy broers Paul en Danie agter. – Beeld-redaksie

Meer oor:  Louis Die Laeveld Leeu  |  Wim Bosman  |  Huldeblyk  |  Strokiesprent  |  Kunstenaar  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.