Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geliefde musikus sterf

Een van die Vrystaat se bekendste en oudste musici, Olga Rademan (94), is in Parys oorlede.

Rademan, ’n oudleerling van die Oranje Meisieskool, het as jong vrou ’n studiebeurs verwerf en van 1947 tot 1949 klavier, orrel, sang, skoolmusiek, harmonie en kontrapunt aan die Royal College of London studeer.

Rademan se dogter, Nerine Leonard, sê haar ma het vandat sy 11 jaar oud was as orrelis by kerkdienste opgetree en was 70 jaar lank ’n orrelis by kerke.

Olga Rademan (94), ’n bekende Vrystaatse musikus, is Vrydag oorlede.Foto: verskaf

Sy was 35 jaar lank die NG kerk Kroonstad-Oos se orrelis en het in haar loopbaan 20 nuwe orrels ingewy.

Leonard sê haar ma was ook ’n talentvolle operasangeres en het as sopraansolis regoor die Vrystaat in opera-uitvoerings opgetree.

Rademan het as beoordelaar by kunskompetisies opgetree en het 18 jaar lank as eksaminator by Unisa se musiekeksamens opgetree.

Sy het ook ’n vroue- en mannekoor in Kroonstad gestig wat baie suksesvol was.

“Sy het geglo dat kinders vroeg aan musiek blootgestel moet word en het vir meer as 30 jaar voorskoolse lesse vir kinders aangebied.”

Sy het reeds as 16-jarige musiek onderrig.

Sy sê haar ma was op 84-jarige leeftyd nog betrokke by musiekopvoeding en die voorsitter van die Suid Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers.

Rademan het verskeie toekennings vir haar reusewerk as veelsydige musikus en opvoeder ontvang.

Sy is onder meer vereer met ’n Commendatio van die Internasionale Kunstetrust en was ’n erelid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers.

Rademan het op 90-jarige ouderdom nog aan ’n musiekuitvoering deelgeneem.

Sy was die laaste vier jaar van haar lewe in die Sally Martin aftree-oord in Parys en is op 6 Maart oorlede.

Rademan het haar seun, Frikkie, en dogter, Helene van Ravesteyn, oorleef.

Pieter, haar man, is in 2006 oorlede.

Rademan laat ook ’n seun, Pieter, en 11 kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.

Daar word op Saterdag 13 Maart om 15:00 ’n lofdiens vir Rademan in die NG kerk Kroonstad-Oos gehou.

Mense wat die diens wil bywoon, kan Leonard by 082 783 0081 bel om seker te maak daar is plek vir hulle ingevolge die Covid-19-regulasies.

Meer oor:  Parys  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.