Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geliefde perde dalk in Lesotho gevind
perde
Landi Groenewald met Ginger, as kind en as volwassene. Foto: Verskaf

Ná bykans drie weke kan Landi Groenewald ’n bietjie rustiger slaap nadat haar twee gesteelde perde volgens die polisie in Lesotho opgespoor is.

Groenewald se perde, die 26-jarige ryperd, Ginger, en die jonger Arabierperd, Anisa, is op 22 Junie op die familieplaas buite Wepener gesteel.

Die spore van die perde en hul vermeende diewe het in die rigting van die nabygeleë Lesothogrens gelei. Ginger is vandat Groenewald klein was haar perd, en sy is baie bekommerd oor sy welstand in Lesotho se ongenaakbare winterklimaat.

Ginger volg ook ’n spesiale dieet.Groenewald werk as fotograaf in die Kaap en sterk in die Vrystaat aan ná ’n operasie. Sy was toevallig in Bloemfontein toe die perde gesteel is. 

perde
Die polisie in Lesotho het dié foto Donderdagoggend aan Landi Groenewald gestuur. Sy glo dit is haar perd Ginger. Foto: Verskaf

Sy het twee private speurders aangestel, een in Suid-Afrika en een in Lesotho, en ’n beloning uitgeloof om die perde op te spoor. Vriende het haar selfs gehelp om met ’n hommeltuig na die perde te soek.

Groenewald sê die polisie se veediefstaleenheid in Wepener en Lesotho se polisie het tot dusver baie moeite gedoen om haar perde te soek. ’n Polisielid in Lesotho het vroeg Donderdagoggend vir haar ’n selfoonfoto gestuur van ’n perd wat oënskynlik Ginger is.

“Ek is 99,9% seker dit is Ginger ek en my pa, Johan, gaan hom Vrydag uitken en haal.

“Ek was so bly om te hoor hulle het Ginger opgespoor, ek het nog nie gevra waar hulle hom gekry het nie,” sê sy. Nie lank nadat sy ’n foto van Ginger gekry het nie, het Groenewald nog goeie nuus gekry.

Anisa is ook opgespoor, maar Groenewald sê dit lyk asof die perde nie meer by mekaar is nie. Anisa is in Ribaneng, Lesotho, opgespoor terwyl Ginger nader aan die grens is. Groenewald sê sy is nie seker of hulle al twee perde Vrydag sal kan oplaai nie.

Sy sal wel al twee gaan uitken. ’n Verdagte is vroeër in Suid-Afrika ondervra en blykbaar het hy inligting gegee wat die polisie in Lesotho gehelp het om die perde op te spoor. 

Die polisie kon die 17-jarige verdagte nie in hegtenis neem nie omdat hy minderjarig is, sê Groenewald.

Groenewald sê Daniel Polaki, ’n private speurder van Lesotho, het net soveel moeite gedoen om na die perde te soek. 

perde
Landi Groenewald destyds saam met haar perd, Ginger, wat nou 26 jaar oud is. Foto: Verskaf
perde
Landi Groenewald se Arabierperd, Anisa, is ook Donderdag in Lesotho opgespoor. Foto: verskaf

Meer oor:  Lesotho  |  Landi Groenewald  |  Wepener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.