Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
VS-rugbyman sterf in Paarl

Faan Muller (84), geliefde afrigter en keurder in Vrystaatse rugbykringe, is Saterdag aan ’n hartkwaal in die Paarl oorlede waar hy en sy vrou die afgelope tyd gewoon het.

Faam Muller is Saterdag in die ouderdom van 84 jaar aan ’n hartkwaal oorlede. Foto: Verskaf

Hy was vroeër jare departementshoof aan die ou Bloemfonteinse Onderwyserskollege (BOK) en het as lid gedien in baie instansies, ook in sport, veral rugby.

Braam, sy broer en voormalige kunsredakteur van Volksblad, sê Muller het ná ’n operasie aan ’n hartklep gesukkel om te herstel.

Muller het die laaste tyd al hoe meer agteruitgegaan. “Dis hartseer dat hy dit hoofsaaklik alleen moes doen. Hospitale laat mos weens Covid-19 nie besoekers toe nie. Dit gaan nie lekker wees om nie sy begrafnis by te woon nie,” sê Braam.

Huldeblyke van oraloor het die naweek op sosiale media ingestroom nadat die nuus oor Muller se dood bekend gemaak is.

Muller het ná sy skoolloopbaan by die Laerskool President Brand en die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein aan die BOK en die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer.

Elna Bezuidenhout en haar broers, Faan en Braam Muller. Foto: Verskaf

Daarna het by begin skoolhou op Petrusburg en daarna by Grey-kollege (primêr) in Bloemfontein. Hy was later dosent aan die BOK en later word hy departementshoof van aardrykskunde en geskiedenis.

Hy het ’n groot rol gespeel in Vrystaat-rugby, sê Braam.

“Hy was mede-afrigter van die Vrystaat se o.20-span en jare lank voorsitter van die Vrystaatse Rugby-ondersteunersklub.

“Hy het altyd gesê hy ken iemand in feitlik elke dorp, waar hy kan oornag, vanweë sy groot vriendekring.”

Elna Bezuidenhout, Muller se suster, sê hy was ’n omgeemens.

“Hy sou homself tekort doen om ander te help.”

Muller het op Jongensfontein naby Stilbaai afgetree waar hy baie vir die gemeenskap gedoen het, veral vir die bruin gemeenskap. Hy en sy vrou het later na die Paarl verhuis waar hy oorlede is.

Hy word oorleef deur sy vrou, Crystal, en vier kinders, Stephan, AD, André en Johan, en sewe kleinkinders.

Meer oor:  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.