Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geliefdes wag lank om begrafnis te hou in Goudveld

Begrafnisondernemers in die Goudveld in die Vrystaat sê daar is gedurig probleme om die lyke van mense wat op onnatuurlike maniere dood is, betyds vir begrafnisse en roudienste gereed te kry.

Van die begrafnisondernemers, wat nie hul name genoem wil hê nie omdat hulle glo hulle gaan dan nog meer probleme hê, sê dit is baie sleg vir familielede om nie te weet wanneer iemand se lyk beskikbaar sal wees nie.

“Hoe beplan jy ’n geliefde se begrafnis as jy nie weet wanneer die staat die lyk beskikbaar gaan stel nie?” vra een ondernemer.

Die staatslykshuis in Welkom is al sedert 2017 in ’n krisis gedompel toe twee deeltydse patoloë, dr. Willie van Heusden en dr. Flip Nieuwoudt, die lykshuis belet is.

Hoe beplan jy ’n geliefde se begrafnis as jy nie weet wanneer die staat die lyk beskikbaar gaan stel nie?
Begrafnisondernemer

Van Heusden en Nieuwoudt het nadat hulle ’n jaar lank nie betaal is nie en ’n ongeldige kontrak aangebied is, ’n kontraktuele dispuut met die Vrystaatse gesondheidsdepartement verklaar.

Van Heusden en Nieuwoudt is toe deur dr. Yusuf Vahed, ’n departementele streekshoof, verbied om verder in die lykshuis te werk.

Van Heusden en Nieuwoudt, wat deurentyd deur die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging se regsafdeling bygestaan is, se eis teen die departement is pas in die arbeidshof in Johannesburg toegestaan.

Van Heusden sê die departement het nie vir die verhoor opgedaag nie en het dit nooit betwis nie. Die hof het aan hom en Nieuwoudt elk ’n jaar se salaris toegeken.

Van Heusden sê die lykshuis het ’n voltydse patoloog nodig, want dit is onmoontlik om te verwag ’n dokter uit Bloemfontein moet die werkslading hanteer. Op die oomblik stuur die departement iemand uit Bloemfontein om lykskouings te doen, maar sleep voete om weer ’n dokter vas aan te stel.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement, sê hy sal ’n mediaverklaring uitreik sodra hy meer inligting bekom het.

Meer oor:  Goudveld  |  Grafte  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.