Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gelikwideerde Kings vra publiek vir geld

Die Suidelike Kings-rugbyspan het gisteroggend ’n aanlyn Back A Buddy-veldtog begin om sy spelers en personeel te kan betaal.
Teen Saterdagmiddag is R10 400 se skenkings reeds ontvang.

André Rademan Foto: Gallo Images

Die Suidelike Kings-franchise is in vrywillige likwidasie geplaas en het R55 miljoen se skuld, het News24 verlede week berig. Die besluit om te likwideer is geneem, omdat daar geen vooruitsigte vir verdere inkomste vanjaar is nie.

DispatchLIVE het berig spelers is verlede Saterdag by ’n vergadering by Imatu-huis deur André Rademan, president van die Oostelike Provinsie- rugbyunie, ingelig oor die likwidasiebesluit.

Braam van Straaten, hulpafrigter, en van die spelers het gister  video’s gelaai waarin hulle mense vra om hulle te steun.

“Die likwidasie by die Kings is nie ’n droom nie; dis ons realiteit. Hierdie seuns het regtig jou hulp nodig. Skenk asseblief en wys hoeveel ons omgee,” sê Van Straaten in sy video. Hy het aan Rapport gesê 52 mense – 36 spelers en 16 personeellede – word deur die likwidasie geraak.

Hulle sit met ’n groot klomp jong spelers wat nie groot kontrakte het nie.

“Daar is nie vir hulle ’n verdere lig op die horison nie. Van die spelers moes al uit hul huis trek en van hulle kan nie eens hul troeteldiere hou nie,” sê hy.

Hul mikpunt is om R400 000 in te samel “om net vir elkeen iets te gee”. “Die eerste mylpaal is om vir ’n begin vir elkeen R10 000 te gee.”

Van Straaten sê hulle het verlede maand ses of sewe dae voordat hulle betaal sou word, gehoor dit gaan nie gedoen word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.