Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Geloofsonderrig ‘maak leerlinge verdraagsamer’

Geloofsuitdrukking en -onderrig in skole “bevorder leerlinge se verdraagsaamheid vir diversiteit” en “berei (hulle) voor vir vreedsame interaksie met medeburgers wat ander geloofsoortuigings het”.

Dít is van die hoofargumente wat Cause for Justice (CFJ) by die hofsaak oor die Christelike godsdiensbeleid by ses skole ingedien het.

Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) het die Laerskool Randhart in Alberton, die Laerskool Baanbreker in Boksburg, die Laerskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Linden in Johannesburg, die Hoërskool Oudtshoorn en die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn weens hul uitsluitlik Christelike godsdiensbeleid voor die hof gedaag.

In sy betooghoofde verwys die CFJ, wat as vriend van die hof toegelaat is tot die saak, na ’n soortgelyke saak in die Duitse grondwethof om sy hoofargumente te steun.

In dié saak het ouers beswaar gemaak teen ’n wet wat vereis dat kruisbeelde in elke laerskoolklaskamer gehang word.

. . . die minderheid se voorkeur moenie die gebrek aan godsdiensbeoefening dikteer, wanneer sulke beoefening grondwetlik gemagtig word nie
Cause for Justice se betooghoofde

Die Duitse grondwethof het beslis dat die staat onpartydig in sulke aangeleenthede moet wees.

Hoewel die staat nie toegelaat word om geloofspraktyke op skole af te dwing nie, het ’n individu ook nie die reg om “die blootstelling aan geloofspraktyke gespaar te word nie,” lui die opsomming oor die hofsaak in die CFJ se hofstukke.

Daar is bevind dat kruisbeelde in klaskamers niks snaaks is vir nie-Christene nie, omdat hulle buite skole ook met Christenskap gekonfronteer word.

Volgens die grondwethof impliseer geloofspraktyke in die skoolomgewing nie dat leerlinge met ander oortuigings se godsdiensvryheid geskend word of dat hulle gedwing word om dié geloof uit te oefen nie.

Leerlinge wat nie wil deelneem aan die geloofspraktyke nie, word nie genoodsaak om hul eie oortuigings bekend te maak nie.

Die hof het dus beslis dat die konfrontasie met ’n Christelike wêreldbeskouing nie diskriminerend is nie. Enige vorm van geloofsbeoefening moet egter vrywillig wees.

Volgens die CFJ tree die skoolbeheerliggame in die belang van die breër gemeenskappe op en kan daarom ’n godsdiensbeleid en ’n etos bepaal.

In hul betooghoofde sê die CFJ die “minderheidsgroepe moet toepaslik geakkommodeer word, maar die minderheid se voorkeur moenie die gebrek aan godsdiensbeoefening dikteer, wanneer sulke beoefening grondwetlik gemagtig word nie”.

Meer oor:  Leerlinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.