Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gemeenskap betoog oor skietdood in taphuis
Die R28 tussen Randfontein en Krugersdorp is Sondag gesluit weens betogings in West Village. Foto: Verskaf

Die gemeenskap van West Village, Krugersdorp, betoog sedert vroeg Sondagoggend nadat ’n vrou in ’n taphuis in dié omgewing doodgeskiet is.

’n Groep gewapende mans het skuins na middernag mense in die taphuis beroof en die vrou doodgeskiet. Vyf ander is beseer en na die hospitaal gebring.

Later die oggend is nog twee mense dood aangetref in West Village, sê kapt. Kay Makhubele, ’n polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

“Die gemeenskap het een man gevang en aangerand voordat die polisie hom gered het. Die verdagte is glo deel van ’n groep wat die gemeenskap gisteraand (Saterdagaand) wreedaardig behandel het,” sê Makhubele.

Die man is onder polisiebewaking na die hospitaal gebring.

Die gemeenskap betoog sedert die dood van die vrou in die taphuis, sê Makhubele.

“Die polisie is in die gebied ontplooi, maar die verdagtes het weggehardloop nadat die polisie met ’n soektog in die plakkershutte in West Village begin het.”

Die R28 is sedertdien tussen Randfontein en Krugersdorp gesluit, terwyl die polisie voortgaan om die situasie te monitor.

Die verdagte sal in die landdroshof in Krugersdorp verskyn sodra hy van sy beserings herstel het.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Betoging  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.