Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gemeenskap help grafte herstel

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Brenthurst, Brakpan, en vrywilligers het onlangs saamgespan om ’n ongewone taak te verrig.

Een van die grafte in die Brakpan-begraafplaas wat gevandaliseer is.

“Ons het voorverlede Sondag bymekaar gekom om die grafte in die Brakpan-begraafplaas te herstel wat beskadig is,” sê Angelique Potgieter, woordvoerder.

“Ons het almal geliefdes wat hier begrawe is. Ons het al soveel kere ’n beroep op die Ekurhuleni-metro gedoen om die skade te herstel en hulle het niks daaraan gedoen nie. Toe het ons die saak maar in ons eie hande geneem.”

Potgieter sê ’n plakkerskamp is onlangs net langs die begraafplaas opgerig.

“Ons het gestry en baklei en selfs ’n lasbrief bekom om die plakkers te verwyder, maar niks gebeur nie. Hulle beskadig ons huise en gooi selfs petrolbomme.”

Eers nadat die nuus op Facebook gedeel is van die sowat 40 vrywilligers wat die grafte herstel het, het die metro ook ingespring en ’n handvol grafte reggemaak. Die GPF wil nou hê die metro moet vir hulle toestemming gee om die begraafplaas snags te sluit. ’n Navraag hieroor is per e-pos aan die Ekurhuleni-metro gestuur.

Vrywilligers herstel die skade aan die grafte. Van links is Drummond Doig, Jonathan Center en Storm Doig.

Meer oor:  Brakpan  |  Begraafplaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.