Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gemeenskap staan saam ná dood van tienermeisie

Die dood van die 14-jarige Rochelle le Roux het die gemeenskap van Kameeldrift-Oos en Roodeplaat saamgesnoer en ’n mens kan nie glo hoe mense hande vat om die gesin te ondersteun nie, sê Carli Venter.

Venter, wat betrokke is by die Kameeldrift-traumasentrum, sê die mense het saamgetrek rondom die gesin en heelwat geld is al geskenk om hulle te help.

Rochelle le Roux (14), wat Woensdag dood is in ’n ongeluk op die Molotopad. Foto: verskaf

’n Bus het die gesin se Fiat Uno Woensdag op die Molotopad van agter getref toe hulle ná skool op pad huis toe was. Die kinders is leerlinge van die Magalies Spesiale Skool in Rietfontein.

Die ongeluk het volgens Venter tussen die Sefako Makgatho-afrit en die Zambezi-polisiestasie gebeur.

Rochelle is op slag dood en haar suster, Abigail (16), kritiek beseer. Die kinders se ouma, Hazel Nienaber (55), is ernstig beseer.

Abigail is per helikopter na die Johannesburg- Algemene hospitaal gebring en is tans in ’n geïnduseerde koma.

Hazel is in die Steve Biko-hospitaal. Albei het kopbeserings, maar Hazel is by haar bewussyn.

Rochelle le Roux (14) is dood toe ’n bus die motor getref het waarin sy, haar ouma, Hazel Nienaber, en haar suster, Abigail, gery het.Foto: verskaf

Venter sê nie Hazel of Abigail weet dat Rochelle dood is nie.

Venter sê die kinders is in die Hazel en hul oupa, Vicky, se pleegsorg en bly in ’n informele nedersetting op ’n hoewe in Kameeldrift-Oos.

“Vicky werk, maar verdien ’n klein salaris,” sê Venter.

Venter sê tot dusver is sowat R16 000 geskenk en Avbob het aangebied om Rochelle se begrafnis gratis te behartig.

Die Putco-busdiens het ook navraag gedoen om by te dra, sê sy.

Die toneel waar ’n bus van agter teen die Fiat Uno van Hazel Nienaber gebots het. Hazel en haar een kleindogter, Abigail le Roux, is beseer en Rochelle le Roux, wat agter gesit het, is op slag dood.Foto: verskaf

Venter sê daar is groot kommer oor Hazel en Abigail se versorging en rehabilitasie wanneer hulle uit die hospitaal ontslaan word.

“Daar wag ’n lang pad van herstel en nog baie uitgawes op die gesin,” sê Venter.

Sy sê daar sterf tot drie mense per week op die Moloto-pad.

Janho Engelbrecht, DA-lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng, vra in ’n mediaverklaring hoeveel mense nog op dié pad moet doodgaan voordat die LUR van paaie en vervoer, Jacob Mamabolo, gaan besluit om die pad op te gradeer. “Die LUR sleep sy voete terwyl daar ’n slagting op die pad is.”

Mense wat ’n bydrae wil lewer, kan Venter by 084 581 2781 bel.

Meer oor:  Carli Venter  |  Rochelle Le Roux  |  Hazel Nienaber (55)  |  Roodeplaat  |  Kameeldrift-Oos  |  Gemeenskap  |  14-Jarige  |  Oorlede  |  Ongeluk  |  Tienermeisie  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.