Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Gemengde gevoelens’ oor stroper-‘baasbrein’ se dood

Die huurmoord op die vermeende baasbrein agter renosterstropery Petrus (Mr. Big) Mabuza het “gemengde gevoelens” veroorsaak vir die verloofde van die vermoorde lt.kol Leroy Bruwer.

“Aan die een kant was ek verlig, maar aan die ander kant het dit ou wonde kom oopkrap. ’n Mens sou dink dat die seer ná ’n jaar sal verdwyn, maar dit het nie,” sê Tarina van Wyk.

Lt.kol. Leroy Bruwer is op 17 Maart 2020 vermoor. Foto: Verskaf

Daar is wyd bespiegel dat Mabuza – wat ook die name Petros en Mshengu gebruik het – agter die huurmoord verlede jaar op Bruwer, bevelvoerder van die Valke-eenheid in Mbombela wat aan Mabuza se sake gewerk het, gestaan het.

Geeneen van dié sake, waarin ook ander beskuldigdes is, is al afgehandel nie.

Volgens bronne het Mabuza Donderdag in sy roeskleurige bakkie onder ’n koelteboom aan die uithoek van die parkeerterrein van ’n winkelsentrum in Hazyview in Mpumalanga gesit toe ’n swart Volkswagen Polo verbyry.

Mense het glo uit die Polo gespring en op kort afstand op die bakkie losgebrand. Volgens die bronne is daar ’n sterk vermoede dat die aanvallers vennote en medebeskuldigdes van Mabuza is wat ná binnegevegte die afgelope maand in die sindikaat teen hom gedraai het.

Van Wyk sê sy het gemengde gevoelens gehad toe sy Donderdag van die huurmoord op Mabuza gehoor het.

Aan die een kant was ek verlig, maar aan die ander kant het dit ou wonde kom oopkrap. ’n Mens sou dink dat die seer ná ’n jaar sal verdwyn, maar dit het nie.
Tarina van Wyk
Tarina van Wyk strooi haar verloofde, lt.kol. Leroy Bruwer, se as oor die Orpen-dam in die Krugerwildtuin uit.

“Ek dink nie tronkstraf sou vir hom die straf gebring het wat hy verdien nie. Ek glo hy het gekry wat hy uitgedeel het. Nes Leroy is hy ook met ’n AK-47 geskiet.”

Sy sê hoewel sy “verlig” is oor sy afsterwe, kan niks haar verloofde terugbring nie en regverdig die dood van die vermeende stroper ook nie Bruwer se dood nie.

Petrus Mabuza tydens een van sy hofsake. Foto: Saving The Wild

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sê alle sake teen Mabuza sal nou teruggetrek word, maar dat die sake teen sy medebeskuldigdes sal voortgaan.

Netwerk24 het ’n lys van sake gevra, maar het dit nog nie ontvang nie.

Die Krugerwildtuin, waar renosters na bewering onder Mabuza se leiding gestroop is, het in ’n verklaring gesê hulle is “geskok en in ongeloof” oor die voorval.

Intussen het die polisie ’n reusesoektog na die moordenaars van stapel gestuur.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê hulle ondersoek ’n saak van moord en een van poging tot moord nadat ’n bejaarde vrou in die skietvoorval gewond is.

“Die polisie soek na die moordenaars van ’n man wat voorheen weens verskeie bewerings wat met renosterstropery verband hou, in hegtenis geneem is en waarvan die sake tans voor die hooggeregshof is.”

Meer oor:  Sindikaat  |  Renosterstropery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.