Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Gemoedere loop hoog by tehuis waar EFF betoog

Gemoedere het Woensdag hoog geloop by Huis Herfsblaar in Pretoria, waar lede van die EFF betoog het. Die polisie het later ingegryp om twee groepe mense uitmekaar te hou.

Teenoor die EFF-lede was lede van die plaaslike gemeenskap saam met die Bittereinders, ’n organisasie van Devon Hofmeyr.

Die EFF sê hulle wil vreedsaam betoog en die “rassiste” moet vir hulle pad maak.

Netwerk24 het by meer as een bron gehoor die werkers is ongelukkig oor hul lone.

Familielede van inwoners het ook aan Netwerk24 gesê hulle sukkel al die afgelope week om met die tehuis of hul familie kontak te maak.

Intussen het Huis Herfsblaar ’n dringende interdik bekom om werkers van die tehuis te verhoed om verder te staak.

Verpleegsters het Woensdag deur die heining aan Netwerk24 gesê hulle word onregverdig behandel deur die nuwe bestuurder, James Black.

herfsblaar
EFF-betogers en gemeenskapslede het Woensdag by Huis Herfsblaar-ouetehuis slaags geraak. Foto: Deaan Vivier
herfsblaar
By die Huis Herfsblaar-ouetehuis het gemoedere Woensdag hoog geloop. Foto: Deaan Vivier

“Ons soek hom nie hier nie, hy moet net weg,” het een gesê. Sy wou nie haar naam bekend maak nie uit vrees dat sy haar werk kan verloor. Volgens haar word werkers onder meer verhoed om besoekers te ontvang en valslik beskuldig dat hulle steel. Daar is selfs veiligheidskameras in die badkamers geïnstalleer.

Die tehuis wou Dinsdag nie op enige navrae daaroor reageer nie.

’n Persoon wat homself net as “Pieter van personeelsake” geïdentifiseer het, het botweg geweier.

“Daar is soveel vals nuus oor die hele kwessie dat die tehuis besluit het om geen navrae daaroor te hanteer nie. Moet ook nie eens probeer om die bestuurder te bel nie, want hy gaan net dieselfde sê,” was Pieter se woorde.

Black het nie gereageer op verskeie boodskappe wat vir hom gelos is nie.

Teen middagete het niemand van die tehuis nog uitgekom om met die betogers te praat nie.

Die straat voor die tehuis het afgesper gebly, met die polisie wat die groep betogers gevra het om na die bopunt van die straat te skuif. Die gemeenskapslede het aan die teenoorgestelde kant gebly.

herfsblaar
Die polisie probeer reg en orde handhaaf. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Eff  |  Huis Herfsblaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.